Agriculture
Gebruik tegnologie en innovasie om breë landboutransformasie te laat vlam vat─── 12:13 Mon, 14 Nov 2022
Sponsored12:13 Mon, 14 Nov 2022Nedbank nasionale hoof van landbou, John Hudson, meen die Suid-Afrikaanse landbousektor bied enorme potensiaal.
“Die uitgestrekte landskappe, vrugbare grond en merkwaardige weerstelsels is geleenthede vir groei en ekonomiese transformasie. Daar is egter kwessies rondom beperkte produktiwiteit, gebrek aan belegging en swak onderhoud van infrastruktuur, tesame met die voorsieningsketting-nalatenskapuitdagings en toegang tot dienste,” maan Hudson.
Om dié kwessies op volhoubare en transformerende wyse die hoof te bied, moet daar konsekwent belê word in innovasie en samewerking wat die sektor kan help om hierdie uitdagings te hervorm en die toekoms te herdefinieer.
Hudson noem verder dat luidens die Verenigde Nasies (VN), herstel die vasteland steeds ná die Covid-19-pandemie en bly beide lewens en lewensbestaan in gevaar.
“Die VN het inisiatiewe in plek gestel om die transformasie van landbou regoor Afrika te ondersteun, maar beklemtoon die belangrikheid van beleggings in oplossings wat volhoubaarheid in die sektor insluit.”
Hierdie siening word ook weerspieël deur 'n onlangse ontleding wat deur Brookings gedoen is, wat uitgelig het hoe Vierde Industriële Revolusie-tegnologieë produktiwiteitskwessies kan aanspreek wat transformasie in die sektor inhibeer.
“Die navorsing beklemtoon egter die belangrikheid daarvan om verder te gaan as net tegnologie. Ware transformasie is meer as belegging in digitaal – dit gaan daaroor om te verseker dat dit werklik resultate oplewer.”
Die Suid-Afrikaanse landbou-narratief is kompleks. Daar is geen maklike oplossings of ‘plug-and-play-platforms’ wat die kwessies rondom verbrokkelende infrastruktuur, onbetroubare kragvoorsiening of swak markprestasie sal verbeter en verander nie, verduidelik Hudson.
“Daar is egter instrumente wat sal verander hoe die sektor toegang tot markte bestuur, met klante skakel, toegang tot private beleggings verkry en veerkragtigheid in elke aspek van die besigheid insluit.”
Hudson noem ’n uitstekende voorbeeld is hoe tegnologie aangewend is om wateruitdagings aan te spreek.
“Met Suid-Afrika wat 'n semi-droë land met lae reënval is, is 'n betroubare bron van water van onskatbare waarde vir die landbousektor. Dit het gelei tot die ontwikkeling van intelligente waterbestuursoplossings om planthidrasie en hulpbronne te bestuur.”
Hy noem verder noemenswaardige oplossings op hierdie gebied sluit in: Nosetsa, tegnologie wat boere help om meer volhoubare besproeiing te ontwikkel; slim waterbestuurhulpmiddels wat die ‘Internet of Things’ en sensors gebruik om waterverbruik en verspreiding te bestuur; en kunsmatige intelligensiestelsels wat watergebruik kan outomatiseer en ontleed.
Hierdie innovasie vind aanklank by beginnerondernemings wat tans besig is om die Suid-Afrikaanse landbousektor te transformeer. Organisasies soos Aerobotics, 'n slim ontledingsmaatskappy; sagteware en mobiele mark, Khula!; Biotikum, 'n vervaardiger van mikrobiese bymiddels; en Ooka, 'n kleinboermark, verkwik landbou in Suid-Afrika. Dit word ondersteun deur instellings in die openbare sektor soos die Technology Innovation Agency, wat innovasie binne die sektor finansier om plaaslike uitdagings direk aan te spreek.
“Belegging in strategiese landbouprioriteite en slim waarde-gebaseerde inisiatiewe, en die modernisering van landbou-infrastruktuur, het die potensiaal om die Suid-Afrikaanse dialoog fundamenteel te verander. Dit kan Afrika stewig op die globale verhoog plaas en sy potensiaal as die broodmandjie van die wêreld versterk. Dit kan kompleksiteit in geleenthede omskep en boere die kans gee om ondernemings te bou wat gemeenskappe en die ekonomie regstreeks bevoordeel.”
Nedbank is verbind tot die groei en transformasie van die landbousektor en poog voortdurend om sy aanbod aan boere en landboubesighede te verbeter. Innoverende tegnologieë, die smee van vennootskappe, nuwe produkontwikkeling en 'n verhoudingsgebaseerde benadering is alles daarop gemik om ons kliënte van finansiële oplossings te voorsien wat hul groei-aspirasies op 'n volhoubare manier ondersteun.
Wil jy net enige finansiële vennoot hê, of die regte vennoot om jou landboubesigheid te laat groei?
Om meer uit te vind, stuur 'n e-pos na agriculture@nedbank.co.za of besoek nedbank.co.za/agriculture.