On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement gee erkenning aan diegene wat veg teen bek- en klouseer

───   ELSABÉ RICHARD 14:16 Wed, 17 Aug 2022

Landbounuus-podcast: Departement gee erkenning aan diegene wat veg teen bek- en klouseer | News Article

Die nasionale Departement van Landbou gee erkenning aan die pogings wat deur boere, gemeenskappe en nywerhede aangewend word om onwettige bewegings van beeste uit bekende bek-en-klouseer-positiewe gebiede te stuit, en om biosekuriteit te verbeter.

Die departement sê egter die siekte versprei steeds, met 15 nuwe eiendomme en twee nuwe provinsies wat in die laaste twee weke deur bek-en-klouseer geraak is. Die departement het gewaarsku dat enige verontagsaming van die tydelike bewegingsverbod 'n kriminele oortreding is, en dat die uitsondering slegs sal wees op veeartsenykundige permitte vir die beweging van beeste na die slagpale van geregistreerde abattoirs, sowel as vir slagting vir rituele doeleindes.

Daarmee saam is die verspreiding van bek-en-klouseer in die land en die tydelike verbod op die beweging van beeste van een plek na 'n ander, ‘n bron tot groot kommer vir lewendehawe-produsente. 'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, waarsku dat uit ‘n kontantvloei-oogpunt, die uitbreking baie ernstige gevolge vir baie produsente inhou. Professor Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom, sê intussen daar is kommer oor winsmarges vir die veebedryf.

EN

Die eerste wolveiling van die 2022/23-seisoen het afgeskop met die hoop dat die regering se onlangse aankondiging om die beweging van beeste te verbied, sal bydra om die verspreiding van bek-en-klouseer te verhoed, wat positief sal wees vir die Chinese in terme van die beheer wat Suid-Afrika oor die siekte het. Dit is volgens die algemene bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, Leon de Beer, wat voorheen aan OFM-nuus gesê het optrede is nodig van die Suid-Afrikaanse regering aangesien China se verbod op sy invoer van wol vanuit Suid-Afrika verwoestende gevolge vir veral kleinskaalse wolprodusente en werkers inhou.




OFM-nuus






@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.