On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer 'n 'astronomiese probleem'

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 17 Aug 2022

Bek-en-klouseer 'n 'astronomiese probleem' | News Article

Die verspreiding van bek-en-klouseer in die land en die onlangse tydelike verbod op die beweging van beeste van een plek na 'n ander, is ‘n bron tot groot kommer vir lewendehawe-produsente.

Sien onderstaande PODCAST

Beesbewegings word verbied oor die hele land, behalwe wanneer hulle op pad is slagpale toe. Kleinvee is nog in hierdie stadium uitgesluit, deel 'n bekende in die veebedryf, Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf. 

LEES OOK: Kommer oor winsmarges vir veebedryf

OFM-nuus het vroeër berig dat die verbod tydelik vir 28 dae in plek sal wees nadat dit op 16 Augustus 2022 in die Staatskoerant gepubliseer is.

“Die probleem is so astronomies dat ons amper nie weet waar dit gaan eindig nie.

“Sou hierdie regulasies al in Maart gegeld het toe die voerkralle daarvoor gevra het, dan was dit baie beter, want nou is daar 150 000 geïnfekteerde beeste,” sê Derksen.

Hy het produsente versoek om verbruikers te laat verstaan dat bek-en-klouseer nie ‘n siekte is wat enige effek op vleis het nie.

LEES OOK: #FMD: Rolspelers aangemoedig om verantwoordelik op te tree

Daarmee saam voorsien Derksen dat, uit ‘n kontantvloei-oogpunt, die uitbreking baie ernstige gevolge vir baie produsente inhou.

Winsmarges vir die veebedryf lyk nie goed nie

Professor Johan Willemse, ‘n landbou-ekonoom, sê daar is kommer oor winsmarges vir die veebedryf. Hy verduidelik dat dit weens ‘n swakker ekonomie en dieresiektes, soos bek-en-klouseer, is wat in dele van Suid-Afrika, insluitend in die Noordwes en Vrystaat, aangemeld is.

“As daardie mark geblok word, het ons ‘n redelike probleem [in die] binneland. Dit geld ook vir wol wat nie op die oomblik na China kan gaan nie.

ALSO READ: Traceability comes under scrutiny during panel discussion

“Dis belangrik vir ons om infrastruktuur en uitvoerprotokolle in plek te kry sodat ons genoeg voedsel kan bly produseer,” het Willemse benadruk.

Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, het met OFM-nuus gedeel dat hierdie besluit om die beweging van beeste vir eers stop te sit gedurende 'n vergadering met die nasionale departement van landbou, onder voorsitterskap van die departement se direkteur-generaal, Mooketsa Ramasodi, gemaak is.

Hy sê die Minister van Landbou, Thoko Didiza, steun dié besluit.

Gesplete hoefdiere, anders as beeste, mag verskuif word maar met groot versigtigheid.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.