On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 08 Aug 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: senses.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemarkpryse het aansienlik verstewig vir die eerste sessie in 'n rukkie, aangesien handelaars skrikkerig is vir moontlike terugkeer van droë en warm weer. Pryse het met 1,75% verstewig met oorspoelsterkte van sojabone en koring wat verdere ondersteuning verleen het.

Winste is in toom gehou deur uitvoeroptimisme uit die Oekraïne. Volgens berigte sal skepe wat graan uit die Oekraïne uitvoer meestal met mielies gevul wees.

Plaaslik: Die mark het baie min wisselvalligheid getoon in Vrydag se sessie met pryse wat baie marginale winste getoon het.

Die witmieliekontrak het vir Augustus R21/ton hoër verhandel vir die dag om teen R4 182/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September het R18/ton sterker verhandel teen R4 205/ton. 

Die geelmieliekontrak vir Augustus 2022 het R14/ton sterker verhandel teen R4 170/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September teen R4 217/ton verhandel, R15/ton sterker.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het 'n goeie dag op die mark gehad met pryse wat op gemiddeld met 4% gestyg het as gevolg van 'n rondte tegniese aankope, wat deur warm en droë weer aangespoor is. 

Sojaboon-uitvoerbesendings het 19% verbeter bo die vorige vier-week gemiddelde met Mexiko, Nederland, China en Japan as die top bestemmings.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het goed presteer na aanleiding van ‘n sterk Amerikaanse mark met pryse wat tot en met R206/ton sterker verhandel het.

Die sojaboon Augustus ’22-kontrak het R196/ton sterker verhandel teen R8 650/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het R206/ton sterker verhandel teen R8 740/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 305/ton, R155/ton hoër verhandel.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmarkpryse het die ander grane hoër gevolg met pryse wat ondersteun is deur 'n rondte tegniese aankope aangespoor deur oorspoelsterkte vanaf mielies en sojabone.

Handelaars het verder die geleentheid gesien vir goedkoop-aankope met pryse wat in die week tot multi-maand laagtepunte gedaal het. Koringuitvoerverkope is 55% laer as die vorige vier-week gemiddeld.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het gemeng gesluit met baie marginale winste en verliese.

Die koring Augustus '22-kontrak het teen R7 175/ton verhandel, R10/ton sterker. Die koring September ’22-kontrak het teen R7 120/ton verhandel, R16/ton swakker.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.