On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Eerste vrag graan verlaat die Oekraïne

───   ELSABÉ RICHARD 14:29 Mon, 01 Aug 2022

Landbounuus-podcast: Eerste vrag graan verlaat die Oekraïne  | News Article

Die eerste skip met ‘n vrag graan het ‘n hawe in die Oekraïne verlaat, ingevolge ‘n ooreenkoms tussen Rusland en die Oekraïne wat in Turkye onderteken is.

Volgens die SAUK het Rusland sedert die begin van sy inval in Februarie, die Oekraïne se Swartsee-hawens beset of versper. Die twee partye en die Verenigde Nasies het egter ooreengekom om uitvoer te hervat as deel van pogings om ‘n wêreldwye voedselkrisis te verlig en graanpryse te verlaag. Die skip vervoer sowat 26-duisend ton mielies en sal Dinsdag in Istanboel aankom vir inspeksie. Nog skepe met graan sal na verwagting in die komende weke uit die Oekraïne vertrek.

SAAI, ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, het ‘n digitale grondeisedatabasis - grondeis.org - bekendgestel wat gebruikers in staat stel om self hul grondeisstatus binne ongeveer 20 sekondes te bepaal. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Francois Rossouw, verduidelik dat hierdie databasis deel van ’n omvattende, jare lange strategie is om deursigtigheid en orde rakende die grondeiseproses af te dwing. Die digitale grondeisedatabasis bestaan uit grondeise wat vanaf 1998 in die Staatskoerant gepubliseer is.

EN

NWK het weer vanjaar honderde behoeftige kinders in die Noordwes met sy Skoolskoenprojek bereik. Die organisasie deel in 'n verklaring dat hy sy grootste wins tot nog toe van die pas afgelope finansiële jaar behaal het, en as viering daarvan, 512 pare skoolskoene aan minderbevoorregte laerskoolleerlinge in die Coligny-, Boikhutso- en Dudfield-omgewing naby Lichtenburg uitgedeel het. Behalwe skoolskoene, het leerlinge ook onder meer kouse en mussies ontvang. Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie, sê die organisasie onderneem hierdie projek al sedert 2012/13 en het al meer as 5 000 leerlinge met dié noodsaaklikhede toegerus.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.