On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS afslaershuis pas streng veiligheidsmaatreëls toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:26 Fri, 03 Apr 2020

Landbounuus-podcast: VS afslaershuis pas streng veiligheidsmaatreëls toe  | News Article

Die afslaershuis, André Kock en Seun, het bieërs verseker dat hulle streng veiligheidsmaatreëls op hul weeklikse veiling van lewende hawe in Kroonstad in plek het.


Hennie Wille, eienaar van dié veilingshuis in die Vrystaat, en 'n afslaer, sê die veiling-ring word slegs tot kopers en verkopers beperk. Hy sê die regering se beperking - van nie meer as 'n honderd mense by 'n byeenkoms - word ook streng nagevolg. Dit kom nadat die LUR van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane, aan OFM-nuus gesê het dat mense wat 'n veiling van lewende hawe op 24 Maart vanjaar in Kroonstad bygewoon het, die nodige stappe moet doen as hulle simptome van die Covid-19 toon. Bulwane het dié beroep gedoen, nadat die departement inligting ontvang het dat 'n boer, wat positief getoets het vir dié virus, dié betrokke veiling bygewoon het. Wille sê 'n boer wat later positief getoets het was vlugtig op dié veiling, maar mense het geen rede tot paniek nie. 

Daarmee saam sê die LUR van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane, die departement kweek op 'n volgehoue grondslag bewustheid op plase en landboubesighede oor die belang van goeie higiëne in 'n poging om die Covid-19-virus te help bestry. Bulwane het al verskeie plase besoek en dié voorkomingsmaatreëls is ook met landbouorganisasies soos Vrystaat Landbou (VL) en die African Farmers Union of South Africa, AFASA, in dié provinsie, bespreek. Bulwane het ook die Itau-meule in Bloemfontein besoek om eerstehands vas te stel of daar aan veiligheidstandaarde voldoen word. Bulwane sê ten opsigte van misdrywe op plase en kleinhoewes in landelike gebiede is daar nog geen kwellende kwessies onder sy aandag gebring nie. Boere moet steeds paraat wees. 

EN

Verskeie nood-lenigingsorganisasies se dankbaarheid is groot vir 'n skenking van vars produkte deur produsente in die Wes-Kaap. Dit is in 'n poging om behoeftige gemeenskappe te ondersteun wat voedselnood weens die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie mag ervaar. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê in die komende weke gaan talle mense nie weet waar hul volgende bord kos vandaan gaan kom nie, en daarom aanvaar georganiseerde landbou sy kritiese rol in dié provinsie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.