On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aanlynveilings neem toe in gewildheid

───   11:30 Thu, 02 Apr 2020

Landbounuus-podcast: Aanlynveilings neem toe in gewildheid | News Article
Foto: OFM-nuus

Beeswinkel se aanlynveilings neem toe in gewildheid, veral onder Vrystaters.


Die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo laat verlede jaar, nadat daar verlede jaar in Januarie ook 'n uitbreking in die Vhembe-distrik in dié provinsie aangemeld is, was 'n goeie leerskool vir die lewende hawe bedryf. Petrus van Heerden, direkteur van die aanlynverhandelingsplaform, Beeswinkel, sê die bedryf het waardevolle lesse geleer uit die bek-en-klouseer situasie, veral ten opsigte van die veilings van lewende hawe.

EN

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.  Hy sê dit moet in ag geneem word dat met die uitbreking van die Covid-19-virus is dit moeilik vir produsente om langtermyn besluite te neem, daarom is die prys van vet diere wat onmiddellik geslag kan word goed, terwyl speenkalwer en maer koeie se prys onder druk is. Daarmee saam is bywoning van veilings ook nie goed nie uit vrees vir die verspreiding van die koronavirus.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.