On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommer oor video op sosiale media

───   11:29 Tue, 31 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Kommer oor video op sosiale media | News Article

Landbouweekblad berig die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê boere moet verseker dat die regulasies oor sosiale afstand toegepas word wanneer plaaswerkers vervoer word, asook waar hulle werk.


Kommer is uitgespreek oor 'n video wat op sosiale media versprei word wat wys hoe plaaswerkers steeds beknop op 'n vragmotor vervoer word. Die landbousektor is 'n noodsaaklike diens en is uitgesluit van die algemene staat van inperking wat tot middernag 16 April 2020 geld. Die komitee is ingelig oor gevalle waar werkgewers die voorwaardes van indiensneming en die vervoer van die plaaswerkers nie nakom nie.

EN

Lactalis SA se Président Extra Mature Cheddar is vanjaar op Agri-Expo se Qualité-eerbewysgeleentheid as die Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar gekroon. Die Suid-Afrikaanse suiwelkampioenskap, wat die grootste van sy soort in Afrika, is  vanjaar in sy 187ste bestaansjaar en dit is die eerste keer virtueel aangebied te midde van die COVID-19-pandemie. Die beoordeeling van die kompetisie het reeds in Februarie plaasgevind vóór die eerste koronavirus-geval in Suid-Afrika aangemeld is. Johan Ehlers, uitvoerende hoof van dié expo, sê  die glansgeleentheid is afgestel, maar daar was steeds 'n  rekordgetal van 975 produkte van 74 vervaardigers wat deelgeneem het. Daar is in meer as 'n honderd verskillende klasse meegeding.  Hy sê 23 produkte is met die Qualité-merk van gehalte vereer, terwyl 107 as SA-kampioen aangewys is. Dit is die derde keer in 'n bestek van vyf jaar dat Lactalis SA dié eerbewys ontvang het. 




OFM-nuus/Christal-Lize Muller


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.