On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS boer praat oor #coronavirus ervaring

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:52 Mon, 30 Mar 2020

Landbounuus-podcast: VS boer praat oor #coronavirus ervaring | News Article

Dit is 'n sielkundige aanslag vir 'n mens wat positief toets vir die Covid-19-virus.


Dit is 'n tweestryd wat gaan oor 'n mens se lewe, maar dit is ook 'n sielkundige stryd totdat 'n mens geestelike vrede het. Dit is volgens die 64-jarige Dries Delport, 'n boer  van die plaas Sterkstroom buite Boshof in die Vrystaat, wat positief getoets het vir dié virus en vir sewe dae in die Mediclinic Gariep in Kimberley behandeling ontvang het. Delport is Sondag uit die hospitaal ontslaan nadat hy vir sewe dae in dié hospitaal was. Hy sterk nou op sy plaas aan. Delport sê hy het sowat vyf dae nadat hy 'n ontbyt by 'n geestelike konferensie by 'n kerk in Bloemfontein bygewoon het, sleg begin voel. Daar was buitelanders by dié geleentheid met dié virus. Delport het homself dadelik afgesonder en reëlings begin tref om getoets te word. Verlede Sondag het sy toestand egter versleg en 'n ambulans is na die plaas ontbied. Delport sê dit gaan onder omstandighede goed met hom. Sy vrou Daleen en hul seun Johan is intussen ook getoets vir dié virus, en wag nog op die uitslag daarvan. 

Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga het 'n ernstige beroep op landbougemeenskappe gedoen om paraat te wees veral tydens die staat van nasionale inperking van 21 dae om die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te bestuur. Werner Weber, provinsiale leier van dié party, sê dit is nou noodsaaklik veral nadat 'n vooraanstaande boer van die Chrissiesmeer- en Lothair-gebied in dié provinsie, Jan Randall, verlede week op sy plaas geskiet is. Weber sê Randall, wat alleen bly op sy plaas, is in die been gewond deur aanvallers waarna hy daarin geslaag het om weg te jaag. Hy het toe in sy bakkie teen 'n vragmotor vasgejaag. Randall ontvang behandeling in 'n hospitaal in Pretoria. Weber sê boere moet nou waaksaam wees. 'n Boer, Wilna Swanepoel, van die plaas Môrester in die Bothaville-distrik in die Vrystaat, is op 22 Maart met messe gewond, terwyl Dries van der Walt van die plaas Driekop by Tweeling, ook in die Vrystaat, binne die bestek van minder as 24 uur daarna op sy plaas aangeval is. Hy is geslaan. Sover bekend is nog niemand in verband met dié Vrystaatse aanvalle in hegtenis geneem nie. 

EN

Die kredietgraderingsagentskap, Moody's se besluit om Suid-Afrikase beleggingstatus tot volle rommelstatus af te gradeer kan 'n negatiewe impak op die landboubedryf hê.  Dit kan  tot 'n verswakking in vertrouens vlakke in dié bedryf lei. Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê die koste van insette kan geraak word en dit sal ook 'n impak op krediet hê.  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.