On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister sê regulasies moet streng in voedselbedryf nagekom word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:21 Thu, 26 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Minister sê regulasies moet streng in voedselbedryf  nagekom word  | News Article

Minister van Landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het 'n beroep op betrokkenes in die voedselwaardeketting gedoen om gesondheidsregulasies streng na te kom tydens die nasionale inperking.


Sy sê dit is baie belangrik dat dié bedryf - wat voedsel aan die land verskaf - by die maatreëls hou. Die sluit in die hele voedselwaardeketting, vanaf plaasverwante bedrywighede, landbouverwerking, kosvervaardiging, logistieke, veeartsenykundige dienste, groot- en kleinhandeldienste en ondersteuningsfunksies gaan van die min bedrywe wees wat ten spyte van inperking voortgaan. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, sê die monitering van die prys van kos sal op kritieke artikels uitgevoer word en op 'n gereelde grondslag bekendgemaak word. Hy het aan OFM-nuus gesê die departement het  ook 'n pakket van R1,2 miljard beskikbaar gestel om die gevolge van die koronavirus aan te spreek en volhoubare voedselproduksie te verseker.

Die organisasie vir familieboere, Saai, se gratis webgebaseerde platform, wat geskep is vir boere en hul werknemers om noodsaaklike reisdokumente te bekom tydens die 21 dae nasionale inperking, is goed op dreef. Dit kom nadat die landboubedryf as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer word en tydens dié tydperk voortgaan met sy bedrywighede. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dié organisasie se webplatform laat mense in dié bedryf toe om noodsaaklike dokumente te laai, wat as bewys kan dien, dat hulle wettig reis. Die stelsel sal 'n e-pos met 'n  PDF-dokument aan deelnemers stuur, nadat noodsaaklike dokumente op dié platform gelaai is. Rossouw sê die toegangsbeheerkaarte gaan handig wees, omdat Saai 'n mate van frustrasie by padblokkades tydens die nasionale inperking voorsien.

EN 

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het 'n verdere opwaartse aanpassing wat betref die somergraan-oes gemaak. Die verwagte produksie is met 1,8% tot 17,07 miljoen ton graan- en oliesaadgewasse verhoog. Mielies is met 1,7% tot 14,81 miljoen ton verhoog vanaf die eerste oesskatting in Februarie. Paul Makube, 'n senior landbou-ekonoom by FNB-landbou, sê die opwaartse aanpassing in die kommersiële mielie-oes is hoofsaaklik weens 'n beduidende toename van 2,9% in die verwagte witmielie-oes. Hy sê die seisoen het tot nou goed gevorder en met die positiewe vooruitsigte op die aanbod van graan kan dit goeie nuus wees in terme van die Bruto Binnelandse Produk (BBP). Dit kan voesel-inflasie tem ondanks die opwaartse druk van 'n swakker rand.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.