On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Betrokkenes vergader vandag met Landbou Minister oor Covid-19

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:10 Thu, 19 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Betrokkenes vergader vandag met Landbou Minister oor Covid-19 | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza.

Betrokkenes, in landbou, wat dien op die tegniese taakspan, wat bemoeid is met die hantering van die koronavirus, vergader vandag in Pretoria met die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza.


Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, oftewel APAC,  sê dié raad wat agente in die varsproduk, lewende hawe en die uitvoer bedrywe, reguleer, ondersteun die regering se voorkomingsmaatreëls ten opsigte van die koronavirus.  Hy sê APAC dien ook op Didiza se tegniese taakspan en wil 'n leidendgewende rol speel, want dié betrokke plaaslike industrieë,wat R130 miljard rand genereer, kan nie tot stilstand gebring word nie.  Hy sê die taakspan, wat uit verskeie georganiseerde landbou groeperings bestaan, het ten doel om die uitbreking en impak van die virus op die landboubedryf te monitor. Die komitee speel 'n adviserende rol en verskaf deurlopend advies aan die landboudepartement oor gebeurlikheidsplanne. Hy sê daar word gefokus op die arbeidsmag in landbou se blootstelling aan die virus. Dit sluit in die impak van die virus op plaaswerkers en arbeiders in onder meer varsprodukmarkte. Die impak van die virus op die hele landbouwaardeketting is ook 'n fokuspunt. Daarmee saam word daar op die uitvoer van Suid-Afrikaanse produkte gefokus, asook kredietterme van die banksektor en die sosio-ekonomiese impak van die siekte.

EN


‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf elke Donderdag op OFM se Before Dawn-program tussen 05:00 en 06:00 die weekliks veilingspryse, wat vir lewende hawe behaal is. Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hy sê  toestande in die rooivleisbedryf is gunstig in die stadium met goeie neerslae in 'n groot deel van die Vrystaat. Daarmee saam styg die pryse van lewende hawe op veilings steeds goed en die koronavirus het in dié stadium nie 'n negatiewe impak op die prys van diere op lewende hawe veilings nie. Volgens hom het stoorlammers het vir R33,20 per kg,  slaglammers, R33,30 per kg en stoorskape R25,06 per kg gegaan. Vetskape het gegaan vir R26,12 per kg.  Boklammers se prys was R38 per kg en bokooie R28,10 per kg.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.