On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommentaar oor landbouhoogtepunte tydens begrotingsrede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:00 Thu, 27 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Kommentaar oor landbouhoogtepunte tydens begrotingsrede | News Article

Die familieboerdery-organisasie, Saai, is bekommerd oor Suid-Afrika se skuldvlakke en die trant waarvolgens geld teen ‘n hoë koers geleen word, maar daar is egter sekere hoogtepunte met betrekking tot landbou in Tito Mboweni, minister van finansies,


Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê die bevestiging van onafhanklike kragvoorsiening aan die nasionale netwerk is goeie nuus. Daarmee saam is die voorlopige R500 miljoen, wat aan ramphulp toegestaan is, ook ‘n pluspunt, veral weens die deurlopende droogte in sekere provinsies. Hy sê die meer as R491 miljoen wat toegestaan is vir biosekuriteit, veral ná die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer, is ook goed. 

Intussen gaan die Noord-Kaapse Premier, Zamani Saul, na verwagting die voortslepende droogte in die Namakwa-, ZF Mgcawu- en Pixley Ka Seme-streke tydens sy provinsiale rede vanoggend in 'n sopnat Kimberley aanspreek. Wydverspreide reën kom in Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voor.

EN

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf elke Donderdag op OFM se Before Dawn-program tussen 05:00 en 06:00 die weekliks veilingspryse, wat vir lewende hawe behaal is. Derksen versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen verskaf nou weer dié verslag, nadat die tydelike nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere opgehef is. Veilings kan weer voortgaan. Die verbod is ingestel nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Derksen sê pryse het sedert die laaste kommersiële veilings vir lewende hawe gestyg. Derksen sê dié prys vir maer koeie is baie goed. Slagbulle het R31,22 per kg gegaan. Stoorlammers was R35,26 per kg, slaglammers R32,98 en stoorskape R25,21 per kg. Vet skape het R26,53 per kg gegaan. Derksen sê boklammers se prys was R45 per kg en bokooie R30,57 per kg. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.