On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: DA teleurgesteld met Vrystaatse Provinsiale Rede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:28 Wed, 26 Feb 2020

Landbounuus-podcast: DA teleurgesteld met Vrystaatse Provinsiale Rede | News Article
Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela

Die DA in die Vrystaat is teleurgesteld in Premier Sisi Ntombela se Provinsiale Rede tydens die amptelike opening van die Provinsiale Wetgewer.


Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, sê Ntombela se toespraak was vervelig en het statistieke bevat oor onder meer studente-opleiding, terwyl daar nie veel gefokus is op die landboubedryf nie - wat 'n belangrike plaaslike ekonomiese sektor is. Hy sê Ntombela se verwysing na die Agriparke-inisiatief was doeloos, want daar is nie veel verwikkeling in dié verband op grondvlak nie. Ntombela het ook verwys na eenhede vir produksieondersteuning aan boere wat ook in vier plaaslike munisipaliteite gevestig is.

Die organisasie Boere Droogtehulp SA gaan voort om hulp te verleen aan landbougemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede van die land al is daar sekere struikelblokke in dié maatskappy se weg. Dit is volgens, Chris van Beljon, stigter van dié nie-winsgewende maatskappy, wie se ligte vragmotor, wat gebruik is om droogtehulp in onder meer die vorm van veevoer te vervoer, in 'n ongeluk afgeskryf is. Van Beljon sê die bestuurder van dié vragmotor, en ‘n lid van dié organisasie, Charles Blignaut, moes Saterdagaand in Rustenburg etlike meters vanaf sy huis deur nooddienste met meganiese toerusting uit die wrak gesny word. Dit kom nadat ‘n bakkie glo reg van voor met dié vragmotor gebots het. Van Beljon sê dit is 'n groot verlies vir dié maatskappy, wat nou albei sy vragmotors kwyt is. Skakel môreoggend tussen 05:00 en 06:00 in op OFM se landbouprogram, Before Dawn, wanneer Van Beljon regstreeks in die ateljee praat oor Boere Droogtehulp SA se verskeie geldinsamelingsprojekte vir droogtehulp.

EN

Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Boere Droogtehulp SA,  Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.