On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lits SA moontlik teen die einde van vanjaar bekendgestel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:43 Fri, 21 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Lits SA moontlik teen die einde van vanjaar bekendgestel | News Article

Daar is hoop onder sommiges in die rooivleisbedryf dat Suid-Afrika se vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel, Lits SA, spoedig in plek gestel gaan word.


Dr. Michael Bradfield, hoof van die Lewendehawe Registrerende Federasie, LRF, meen dit kan moontlik geskied teen die einde van vanjaar. Bradfield was een van die gassprekers op die Africa Agri Tech-konferensie, en het aan OFM-nuus gesê daar is tydens die onlangse bekendstelling van Lits SA besluit dat die bedryf met die instelling van dié stelsel gaan begin. Bradfield meen die grootste uitdaging met betrekking tot die instelling van Lits SA is dat alle betrokkenes die wil het om daarvan 'n sukses te maak. Hy sê alle betrokkenes moet hul kant bring.

Daarmee saam sê die Beefmaster-groep, Suid-Afrika se vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel, Lits SA, bied baie nuwe geleenthede. Indien 'n nasionale register beskikbaar is van onder meer beeste, sal daar meer duidelikheid en inligting oor bestaande kuddes beskikbaar wees. Dit is volgens Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van Beefmaster, wat soos talle belanghebbendes in die rooivleisbedryf die opheffing van die tydelike verbod op die samekoms van diere met gesplete hoewe verwelkom. Van Reenen meen saam met dié opheffing van dié verbod, kom 'n stel reëls wat uiters noodsaaklik vir die rooivleisbedryf is. Hy sê die Beefmaster-groep moes met die nasionale verbod sy verkrygingstrategie ietwat aanpas, maar handel het binne die bepaalde vereistes plaasgevind. Daarmee saam het dié groep reeds 'n naspeurbaarheidstelsel in plek.  Die tydelike verbod wat veilings en skougeleenthede van diere verbied het, is as voorkomingsmaatreël oor die land heen deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, in plek gestel. Dit in 'n poging om te voorkom dat bek-en-klouseer verder versprei nadat dié siekte wat onder spleethoewige diere voorkom, laat verlede jaar in Limpopo uitgebreek het.

EN

Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van die Bloemskou, sê daar is groot dankbaarheid oor dié opheffing van die nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere. Sy meen dit is 'n positiewe stap ten opsigte van die versekering dat skoue en ekspo's voortaan veilig aangebied kan word. Prinsloo sê onderskeie bees- en kleinvee kampioenskapsbyeenkomste gaan nou tydens Bloemskou, wat een van die land se voorste landbouskoue is, kan geskied. Daarmee saam sal die protokol, wat deur die land se ses skoue en ekspo's saamgestel is, wat ook die Royalskou, Nampo, Nampo-Kaap, Alfa Nampo en die Agri-ekspo insluit, spoedig aan deelnemers gesirkuleer word. Dít is 'n poging om toe te sien dat deelnemende diere van verskillende rasse siektevry is en dat die nodige biosekuriteitsmaatreëls gevolg word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.