On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer nog nie agter die rug nie - Minister

───   11:28 Wed, 19 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer nog nie agter die rug nie - Minister | News Article

Die uitbreking van bek-en-klouseer in die vrye sone is nog nie agter die rug nie, hoewel die tydelike landwye verbod op veeveilings en skoue gister opgehef is.


Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, sê 'n lang pad sal nog geloop moet word voordat die einde van die uitbreking verklaar kan word, asook vir die land om weer internasionaal erken te word as 'n gebied vry van bek-en-klouseer.
Volgens Landbouweekblad het die departement saam met belanghebbendes in die bedryf besluit om die verbod op te hef, aangesien die aanvanklike verspreiding van die siekte suksesvol in bedwang gehou kon word. 'n Tydelike verbod is in Desember ingestel as 'n maatreël om te voorkom dat die siekte versprei nadat dit in Limpopo uitgebreek het. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het sedert November sowat 160 eiendomme ondersoek weens die moontlike verband met spesifieke veilings en geaffekteerde eiendomme. Kwarantyn wat voorkomend ingestel is, is by meer as 90 van hierdie eiendomme opgehef. Op 18 plase is diere positief vir bek-en-klouseer getoets. Die meeste van dié eiendomme is kommersiële beesplase, insluitend 'n paar voerkrale.

Daar is vandag 'n 60% kans vir verspreide donderbuie in die Vrystaat. Woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse weerdiens in Bloemfontein, Michael Nethavhani, sê dit is goeie nuus vir boere en in die algemeen. Hy sê meer reën kan dwarsdeur die week in Sentraal-Suid-Afrika verwag word. Nethavhani sê verder dat daar aansienlike neerslae in Kuruman in die Noord-Kaap, Potchefstroom in Noordwes en in Welkom in die Vrystaat aangeteken is. Hy voeg by dat die weer teen die naweek sal begin opklaar. Geen gelokaliseerde oorstromings is sover aangemeld nie.

EN

Daarmee saam het onlangse goeie reënval in groot dele van die land die gemiddelde damvlakke die afgelope week met byna twee persent verhoog, volgens 'n verslag van die departement van water en sanitasie. Suid-Afrika se damvlakke het van 62,4% verlede week tot 64% gestyg. Vrystaat, waar van die grootste damme in die land voorkom, het 71,1% aangeteken - wat ietwat meer is as die  ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die Noord-Kaap bly stabiel op 80,8% vergeleke met 80,9% voorheen, terwyl Noordwes van 67,3% tot 66,8% gedaal het.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.