On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: AGDA beoog om getal boere in SA te vermeerder

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:21 Tue, 18 Feb 2020

Landbounuus-podcast: AGDA beoog om  getal boere in SA te vermeerder | News Article
AAT-Konferensie, Foto: Christal-Lize Muller

Die regering doen allles in sy vermoë om grond beskikbaar te stel aan boere deur middel van grondrestitusie, maar die nodige ondersteuning om produktief op daardie grond te boer is nodig.


Dit is volgens die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, op die Africa Agri Tech konferensie en expo, AAT, wat onderweg is in Pretoria. Didiza het in haar boodskap tydens die bekendstelling van die Landbou-ontwikkelingsagentskap, oftewel AGDA,  op die eerste dag van dié konferensie wat deur Afgri en Grobank geborg word. Didiza meen dié agentskap, wat 'n private insiatief is, het 'n belangrike rol om te speel in dié verband. Volgens Didiza kan AGDA ook bydra tot swart boere se uitdaging ten opsigte van die finansiering van die landboubedryf in Suid-Afrika. Die agentskap is deel van die openbare-private-groei-inisiatief (PPGI) wat in April verlede jaar onder leierskap van dr. Johan van Zyl, die uitvoerende hoof en president van Toyota in  Europa gevorm is. Oud-minister, Roelf Meyer,  is ook die dryfveer agter die agentskap, wat toegewyd is om volhoubare grondhervorming in Suid-Afrika te vestig.  OFM-nuus woon dié AAT- Afgri en Grobank konferensie by. 

Daarmee saam sê een van Suid-Afrika se leier boere uit die Vrystaat, Nick Serfontein, hy ondersteun opkomende boere die afgelope vyf jaar en het 'n goeie idee in dié tyd gekry oor die reuse uitdagings wat hulle in die gesig staar. Serfontein, wat die voorsitter van die Sernick-groep is,  het op die bekendstelling van die private inisiatief, die Landbou-ontwikkelingsagentskap, AGDA, in Pretoria, gesê grondhervormingsprojekte is onsuksesvol in Suid-Afrika, omdat grond nie aan dié boere gegee kan word sonder dat hulle die nodige opleiding en mentorskap ontvang nie. Volgens hom word grond aan dié boere oorgedra sonder dat hulle die nodige ondervinding het om te boer. Serfontein, was ook 'n  lid van pres. Cyril Ramaphosa se raadgewende paneel oor grondhervorming. Serfontein sê hy ondersteun die AGDA-inisiatief ten volle en moedig kommersiële boere aan om betrokke te raak en om hul kennis aan opkomende boere oor te dra.

EN

Steeds by AGDA...Die Landbou-ontwikkelingsagenskap, oftewel AGDA, se hoofdoel is om die getal boere in Suid-Afrika te vermeerder. Dit sluit om aan nuwe boere die geleentheid te gee om tot kommersiële produksie toe te tree. Voorsitter van die  In Transformation Initiative, sê  dié agenskap wil befondsing en kundigheid aan boere verskaf.  Dit is hoofsaaklik hulp aan kleinboere en nie bestaansboere nie.  Hy sê kleinboere moet suksesvolle kommersiële boere word. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.