On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA se werkloosheidsyfer bly onveranderd

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:41 Thu, 13 Feb 2020

Landbounuus-podcast: SA se werkloosheidsyfer bly onveranderd | News Article

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer vir die vierde kwartaal van 2019 is op 29,1% onveranderd teenoor die derde kwartaal van verlede jaar.


Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse opname oor Suid-Afrika se arbeidsmag toon verder dat die aantal werknemers, wat werksaam was, het  met 45 000 tot 16,4 miljoen gestyg. Die aantal werklose mense het in die vierde kwartaal met 8 000 tot 6,7 miljoen afgeneem teenoor die derde kwartaal. Dit het tot 'n  toename van 38 000 in die arbeidsmag gelei. Indiensneming het in die vierde kwartaal in die formele sektor en landbou toegeneem. Die formele sektor toon die grootste toename in indiensneming van 117 000,  en landbou het 'n toename van 6 000 mense gehad. Die indiensneming in die informele sektor het met 77 000gedaal en bly onveranderd in private huishoudings.

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, gaan die amptelike bekendstelling van die langverwagte agentskap vir landbou-ontwikkeling bywoon en 'n toespraak lewer. Dié bekendstelling vind eerskomende Dinsdag tydens die Africa Agri Tech-konferensie en expo, oftewel AAT, in Pretoria plaas. Malcolm Ferguson, 'n organiseerder van dié geleentheid, sê die bekendstelling van die landbou-ontwikkelingsagentskap (AGDA) sal ook dien as die openingsgeleentheid van dié  AAT-konferensie wat tot volgende Donderdag duur. Onderwerpe wat onder die loep kom op dié konferensie wissel van die plaaslike en internasionale landbou-ekonomie en toegang tot kapitaal tot versagtende droogtetoestande. AGDA is deel van die openbare private groei-inisiatief (PPGI) wat in April gestig is. Die PPGI is deur pres. Cyril Ramaphosa geïnspireer en geskoei op die suksesvolle Japanese ekonomiese model, wat ten doel het om strategiese beplanning tussen die regering en die private sektor in lyn te bring, met die oog op die verbetering van ekonomiese groei.

EN

Boere in die droogtegesteisterde dele van die Noord-Kaap kan hulle nou tot 'n 24-uur hulplyn vir emosionele ondersteuning wend. Dié hulplyn is deur die Caritas-gemeenskapsfokus beskikbaar gestel om hulp te verleen aan mense wat vasgevang is in die greep van die droogte. Ds. Christo Jonck, van die NG-gemeente Kuruman De Oog, sê die Caritas-gemeenskapsfokus, fokus sterk op gemeenskappe in die Noord-Kaap en het aanvanklik op vroeë kinderontwikkeling gekonsentreer, maar boere in droogtegebiede word nou ook ondersteun. Dié hulplyn vorm deel daarvan en gekwalifiseerde beraders verskaf emosionele ondersteuning en praktiese raad aan mense wat dit benodig. Hy sê boere, plaaswerkers en hul gesinne kan van dié hulplyn gebruik maak. 

Die hulplynnommer is 083 415 1484.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.