On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Optimisme oor verwagte graanoes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:36 Wed, 29 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Optimisme oor verwagte graanoes | News Article

Daar is groot optimisme oor Suid-Afrika se verwagte kommersiële graanoes vir die 2019/20 seisoen.


Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK), sal na verwagting vandag sy voorlopige oppervlakteskatting vir
somergewasse vrystel. 'n Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, sê vooruitsigte vir dié seisoen se mielie-oes is beter teenoor die vorige seisoen se oes. Laubscher sê die verwagte mielie-oes kan R14 miljoen ton wees, wat 'n aansienlike verbetering, op die vorige seisoen se oes van sowat 11 miljoen ton, is. Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê 'n goeie mielie-oes kan verwag word as die beoogde oppervlakte wat aangeplant is, 2,5 miljoen hektaar is.

EN

AfriForum, wil soveel moontlik lande in die wêreld besoek om bewustheid te kweek oor die skending van minderhede in Suid-Afrika se menseregte. Dit vorm deel van dié organisasie se omvattende internasionale veldtog #DieWêreldMoetWeet, wat geskoei is op die beskerming van plaaslike burgerregte. Dié veldtog is Dinsdag in Pretoria van stapel gestuur. Dié organisasie se Ernst Roets, sê verskeie lande op bykans al die vastelande sal besoek word. Volgens hom sluit die brandpunte waarop gefokus word, onder meer in, die onteiening van eiendom sonder vergoeding, moorde op plase en kleinhoewes, haatspraak en die Suid-Afrikaanse regering se sogenaamde verering van menseregteskenders as helde.  Hy sê dié veldtog rus op drie bene. Roets sê dié verslag bevat inligting oor onder meer die regering se verwronge persepsie oor demokrasie, minderheidsregte en gelykheid. Dié veldtog sal in Februarie, met ’n besoek aan Amerika, begin.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.