On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA Wolmark verhandel sterker

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:08 Fri, 17 Jan 2020

Landbounuus-podcast: SA Wolmark verhandel sterker | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek op die 15de wolveiling vir die seisoen effens sterker verhandel teenoor die vorige veiling.


Die bestuurder van veselbedryf by OVK, Heinrich Victor, sê Die Cape Wools-aanwyser het met 96 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R177.43 per kg gesluit.  Hy sê egter die volume wol wat deur makelaars ontvang is, is byna 53% laer as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen en is steeds 'n bron van kommer.

EN

'n Vermeende renosterstroper, wat 'n polisiekonstabel is,  bly in aandhouding en sal later vandeesmaand weer in die Thlabane landdroshof in Noordwes verskyn. Dit kom nadat dié 33-jarige Amukelani Nkuna in hegtenis geneem is nadat hy en drie van sy makkers in die proses was om na bewering renosters by 'n wildsplaas in Boitekong naby Rustenburg te stroop. Polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, sê die polsie het in 'n misdaadintelligensie-operasie op die vier mans afgekom. Drie van die mans het op die vlug geslaag, maar Nkuna, wat die motor bestuur het, is vasgetrek. Myburgh sê die groep hou moontlik verband met meer gevalle van renosterstropery in die Pilansberg gebied. Die drie verdagtes is steeds soek. Nkuna verskyn volgende Vrydag in die hom.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.