On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Die deur is oop vir droogtehulp vanaf die regering vir NK

───   11:40 Thu, 16 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Die deur is oop vir droogtehulp vanaf die regering vir NK | News Article

Die deur vir formele ondersteuning vanaf die regering in terme van droogtehulp in die Noord-Kaap is nou oop.


Dit kom nadat dié provinsie as 'n rampgebied verklaar is. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, en die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het verlede week in Kimberley tydens die ANC se 108ste bestaansjaarvieringe oor onder meer die voortslepende droogte vergader. Die aankondiging dat die provinsie as 'n droogterampgebied verklaar is, het daarna gevolg. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, het vanoggend as deel van 'n weeklikse insetsel op 'n Donderdag aan Martin van der Merwe van OFM se Big Breakfast-program, gesê die rampverklaring is verblydende nuus, en die vereiste prossese gaan hopelik nou gevolg word in dié verband. Hy sê daar sal volgehoue druk geplaas word op die betrokke departement om geld uit die staatskoffers te herprioritiseer om hulp aan landbougemeenskappe in die Noord-Kaap te verleen. Dit in die lig van die staat se einde van sy finansiële jaar wat nader kom. Sowat R300 miljoen, sal na verwagting deur die departement van water en sanitasie beskikbaar gestel word vir droogtehulp in die Noord-Kaap en sal onder meer gebruik word om boorgate te sink.  

Die risiko's van klimaatsverandering is sterk op die voorgrond met honderde wêreldkundiges en besluitnemers wat hul kommer daaroor uitspreek. Daarmee saam is die verwagting dat ekonomiese konflik en binnelandse politieke polarisasie vanjaar kan toeneem. Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum se risikoverslag, wat gister gepubliseer is, sal daar 'n toename in ekonomiese en politieke polarisasie wees, sienende samewerking tussen wêreldleiers, besighede en beleidmakers nou meer as ooit nodig is om ernstige bedreigings vir die klimaat, omgewing, openbare gesondheid en tegnologiestelsels, te stop. Richard Washington, 'n kenner op die gebied van klimaat, meen Afrika sal die swaarste getref word deur klimaatsverandering, omdat die vasteland meer kwesbaar is as enige ander streek in die wêreld se veranderende weerpatrone. Volgens hom gaan dit die geval wees, juis omdat honderde miljoene Afrikane van reënval vir kosproduksie afhanklik is.    

EN

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Droogtehulp SA, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.