On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement sê entstof kan die bek-en-klouseer situasie bemoeilik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:15 Wed, 15 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Departement sê entstof kan die bek-en-klouseer situasie bemoeilik | News Article

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling wend hom nie tot die gebruik van entstof vir beeste wat besmet is met bek-en-klouseer nie.


Dr. Botlhe Modisane, die departement se tegniese woordvoerder vir bek-en-klouseer, sê die gebruik van dié entstof kan die situasie bemoeilik, want die getal diere, in dié geval beeste, wat positief toets vir bek-en-klouseer kan toeneem.  Dit kom nadat Botlhe bevestig het altesaam 15 plase in Limpopo in die Molemole-gebied nou deur dié virrussiekte geraak word. Dit sluit voerkrale in. Hy sê 'n paar van dié eiendomme is besmet vanweë naburige besmette eiendomme en dit geld nie noodwendig as die verspreiding van dié siekte nie. Hy sê slagtings sal by die besmette voerkrale plaasvind, terwyl boere van die betrokke kommersële plase nog daaroor geraadpleeg moet word. Botlhe is oortuig daarvan sonder die tydelike nasionale verbod op veilings van spleethoewige vee, wat steeds in plek is, sou daar meer besmette eiendomme gewees het.

Daar is groot kommer in sekere landboukringe oor die tydelike nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere, wat van meer as twee bronne afkomstig is, en wyd na ander bronne versprei word. Dit kom daarop neer dat veeveilings oor die land heen tydelik verbied word nadat bek-en-klouseer in November verlede jaar in die Molemole-gebied in Limpopo onder beeste uitgebreek het. Dít was die tweede uitbreking verlede jaar nadat bek-en-klouseer in Januarie in die Vhembe-distrik bevestig is. Willem Barnard, van die Wilbar-stoetery in dié provinsie, meen die impak van dié nasionale moratorium op die veilingbedryf is enorm, want sonder veilings het betrokkenes nie 'n inkomste nie. Daarmee saam het boere sedert die moratorium ook nie 'n platform om hul beeste op te verkoop nie. Volgens hom raak dit veral ook die informele sektor, wat hoofsaaklik op veilings staatmaak, om hul diere te verhandel. Barnard is deel van die Au Albudus-groep, wat uit nege Brahman-telers bestaan. Dié groep bied eerskomende Saterdag by Bela-Bela 'n katalogusveiling aan. Dit is 'n eerste vir die Brahman-bedryf en behels dat beeste nie op dié veiling teenwoordig is nie, maar foto's en videogrepe van dié diere wat aangebied word, sal op 'n groot skerm vertoon word. Besoek Vleissentraal se webtuiste vir meer inligting.

EN

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, sal na verwagting Donderdag kommentaar lewer oor die konsepwetgewing om voorsiening te maak vir onteiening van eiendom sonder vergoeding. Die 18de wysigingswetsontwerp is reeds verlede jaar vir openbare kommentaar gepubliseer. Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by dié organisasie, sê dié geskrewe kommentaar sal per hand by die Parlement ingedien word. Die sluitingsdatum vir kommentaar oor die wysiging van die wetsontwerp is vandeesmaand op 31 Januarie. Ingevolge die voorgestelde wysigings moet Artikel 25 onder meer 'n paragraaf insluit dat 'n hof, waar grond en enige verbetering daarop onteien word vir die doelwitte van grondhervorming, mag bepaal dat die vergoedingsbedrag nul is. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.