On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Brahman-telers bied katalogusveiling aan

───   18:13 Tue, 14 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Brahman-telers bied katalogusveiling aan | News Article
PHOTO: southafrica.co.za

'n Groep Brahman-telers, hoofsaaklik in Limpopo, het nie toegelaat dat die tydelike nasionale verbod op die samekoms van diere met gesplete hoewe van twee of meer bronne, hulle terughou om 'n stoet- en kommersiële beesveiling te hou nie.


Dié verbod is ingestel nadat bek-en-klouseer laat verlede jaar weer in Limpopo onder beeste bevestig is. Dié virussiekte het in Januarie verlede jaar in die Vhembe-distrik en toe weer in die Molemole-gebied uitgebreek. Willem Barnard van die Brahman Wilbar-stoetery sê die Au Albidus-groep bied nou eerskomende Saterdag 'n katalogusveiling aan. Vleissentraal bied die veiling om 11:00 by die Veemark Vleissentraal veilingskrale aan. Barnard sê sowat 40 wit en rooi stoetbeeste, en sowat 120 suiwer kommersiële Brahmane word aangebied. Dié diere kan op Vleissentraal se webtuiste besigtig word.  

Goeie reën het ietwat verligting gebring in groot dele van provinsies waar die droogte sy tol eis. In gebiede in die droogtegeteisterde Noord-Kaap het dit kol-kol in die sentrale, westelike en suidelike gebiede gereën. Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, sê damvlakke in die Noord-Kaap het volgens die jongste opnames 'n algehele daling van 3% getoon. Die situasie in ander provinsies het egter 'n effense verbetering getoon. Ratau sê damvlakke in Noordwes, waar dit goed gereën het, toon 'n algemene vlakverbetering van 4% met die Klipvoor- en Swartruggens-damme wat uit hul nate bars. Goeie reën het ook die vlakke in die Vrystaat verbeter,  Volgens hom het dit onlangs gereën in die kusgebied van die Oos-Kaap waar droogtetoestande geheers het. Dit kan die watersituasie in dié provinsie tot 'n mate stabiliseer weens damvlakke wat in die algeheel van 47,2% tot 47,3% verbeter het.

Daarmee saam is boere in die sentrale deel endie Klein-Karoo van die Wes-Kaap hoopvol dat die volgende paar weke nóg goeiereën gaan bring nadat hierdie droogtegeteisterde gebiede verlede week welkomereën gehad het.  Jannie Strydom,uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê daar is dankbaarheid dat die Nuwe Jaarop so 'n geseënde wyse vir produsente, wat al die afgelope vyf jaar onder diedroogte gebuk gaan, begin het.  Strydomsê hoewel die reën hoop gebring het, lê daar nog 'n lang pad voor.  Daarmee saam is opvolgreën krities nodig virplaas- en opgaardamvlakke en vir natuurlike weiding om te herstel.  Hy sê produsente kan 'n jaar of twee jaarondergemiddelde reënval hanteer, maar die uitwerking van vyf jaar seondergemiddelde reënval kan waarskynlik net uitgewis word deur vyfagtereenvolgende jare van bogemiddelde neerslae. Agri Wes-Kaap verskaf steedsdroogtehulp in die Karoo, sowel as in die Matzikama-distrik van die Weskus.

EN

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raakby die onderskeie droogtehulp-projekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waar op luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA se droogteramphulpfonds, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad.  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.