On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Miljoene nodig om grootvee-eenhede in NK te red

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:58 Thu, 09 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Miljoene nodig om grootvee-eenhede in NK te red | News Article

Meer as R680 miljoen word benodig om, oor 'n tydperk van drie maande, sowat 30 grootvee-eenhede in die Noord-Kaap se droogtegebiede ten opsigte van veevoerdoeleindes aan die gang te hou.


Nicol Jansen, Agri Noord-Kaap se president, sê dit is 'n minimale bedrag wat wel dié provinsie se ekonomie ietwat kan stabiliseer. Volgens hom word alternatiewe planne benodig vir boere om op die langer duur volhoubaar te produseer, sodat daar nie slegs op  regeringshulp gesteun word nie. Agri Noord-Kaap het vandeesweek met die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, in dié verband in Kimberley vergader. Jansen sê die landboudepartement is bewus van die groot nood in die Noord-Kaap, maar 'n geldtekort kortwiek die regering en daarom moet geld geherprioritiseer word. Hy sê boere is platsak en al reën dit goed indie Noord-Kaap, gaan dit uitdagend wees om op 'n volgehoue grondslag teproduseer.

Daarmee saam is die voortslepende droogte in die grootste gedeelte van die Noord-Kaap nog geensins gebreek nie, al het dit in sekere gebiede gereën. Alba Louw, voorsitter van die Soutrivier-landbouvereniging en sekretaresse van die Boesmanland-landbou-unie, sê daar is gedeeltes by Pofadder, Nous Wes, Soutrivier en gebiede in die Hartbeesboerevereniging, asook Kleinbegin, wat tussen 9mm tot 30mm reën gehad het. Louw sê op haar en haar man Willie se plaassowat 80km van Kenhard in die rigting van Pofadder, is reën steeds skaars. In Gamoed, Springbok en Aggeneys het dit ook niegereën nie, terwyl dit kol-kol by Pofadder gereën het. 

EN

Suiwelprodusente oor die land heen kan nouinskryf vir die 2020 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap, wat sedert 1834 deurAgri-Expo aangebied word. Die kampioenskap lok jaarliks sowat 900 inskrywingsvan groot, medium tot klein vervaardigers. Volgens die hoofbeoordelaar, AlanFourie, het dié kampioenskap ten doel om uitnemendheid in die suiwelbedryf teerken en te bevorder. Dit bestaan  uitmeer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en anderprodukte. Die wenners in die onderskeie klasse word as Suid-Afrikaanse kampioenebekroon. Besoek www.cheesesa.co.za omin te skryf. Die beoordeling vind op Donderdag 27 Februarie plaas, gevolg deurdie Qualité-dinee op 27 Maart by GrandWest in Kaapstad. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.