On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kriek bedank as Agri SA president

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:23 Mon, 09 Dec 2019

Landbounuus-podcast: Kriek bedank as Agri SA president | News Article
Dan Kriek

Daar is talle uitdagings wat die landboubedryf in die gesig staar en wat Agri SA op 'n volgehoue grondslag toegewyd aanpak.


Dit is volgens Pierre Vercueil, die waarnemende president van dié organisasie, nadat Dan Kriek as president bedank het. Kriek, het verlede week ná deeglike oorweging besluit om weens gesondheids- en stresverwante redes uit te tree. Sy dienstydperk sal aan die einde van vandeesmaand tot 'n einde kom. Vercueil sê Agri SA se Grondwet bepaal in terme van bedankings moet die visepresident in dié posisie waarneem tot en met dié organisasie se volgende jaarkongres.  Vercueil het Kriek geloof vir sy leierskap van die afgelope twee jaar en die rol wat hy gespeel het om Agri SA as 'n invloedryke organisasie te posisioneer. Hy sê egter die uitdagings van landbou bly onveranderd en Agri SA spits hom steeds toe op onder meer droogtetoestande en die grondwetwysiging wat voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding.

Die agribesigheid, GWK, met sy hoofkantoor in die Noord-Kaap, se grondslag is op boere geskoei, want dit is juis hulle wat dié besigheid se bestaansreg bepaal. Dit is volgens die GWK-groep se besturende direkteur, Llewellyn Brooks, ná 'n suksesvolle mediatoer waarin boere in droogtegeteisterde dele van dié provinsie besoek is. Die "Net 'n Druppel"-inisiatief is in samewerking met Agri Noord-Kaap aangebied. OFM-nuus se Blaine Jones het dit Donderdag en Vrydag bygewoon. Volgens Brooks is dié inisiatief belangrik, omdat GWK  boere in die uitdagende toestande bystaan.

EN

Die ekonomiese koste van misdaad in die Vrystaatse landboubedryf beloop na raming tussen R300 000 en R500 000 per jaar. Die DA in die Vrystaat se Roy Jankielsohn sê geweld wat met aanvalle op plase en kleinhoewes gepaardgaan, se ekonomiese verlies is kommerwekkend. Dit kom nadat 'n plaaswerker en sy vriendin Saterdag deur vier mans naby Bothaville aangerand is. Volgens Jankielsohn is die plaaswerker na sy huis gedwing nadat hy tydens 'n patrollie oorrompel is. Die booswigte het daarna met skape op die vlug geslaan. Jankielsohn sê die regering moet die DA se landelike veiligheidsbeleid, wat tot die veiligheid van landbougemeenskappe sal lei, nou oorweeg. Die polisie het dié voorval in Bothaville bevestig.
 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.