On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Eerste konvooi droogtehulp daag in Bfn op

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:39 Wed, 04 Dec 2019

Landbounuus-podcast: Eerste konvooi droogtehulp daag in Bfn op | News Article
Foto: Verskaf

Die eerste vragmotors van 'n konvooi ander vragmotors en bakkies met sleepwaens met veevoerskenkings, asook motors met sleepwaens met kospakkies en waterbottels het in Bloemfontein aangekom.


Dié konvooi met skenkings aan boere in die droogtegeteisterde Cradock in die Oos-Kaap is van onder meer Rustenburg in Noordwes en Frankfort in die Vrystaat. Hulle kom vanoggend by die Shell Ultra City by Spitskop buite Bloemfontein op die Bultfontein-pad byeen, waarna die konvooi verder sal ry. Dít vorm deel van een van Boere Droogtehulp SA se vele insiatiewe wat hulp aan boere in droogtegeteisterde provinsies soos die Oos- en Noord-Kaap verleen. Jan Lotz van dié organisasie sê die eerste drie vragmotors van Wolsak Vervoer in Cradock - met sowat 60 groot veevoerbale per vragmotor wat deur boere in die Frankfort-distrik geskenk is - was reeds 09:00 vanoggend byeen. Hy sê daar heers 'n feestelike atmosfeer en die publiek kan gerus besoek kom aflê. 'n Vragmotorbestuurder van Wolsak Vervoer, Johan Cordier, is al vir meer as 40 jaar 'n vragmotorbestuurder; hy sê dit beteken vir hom baie om dié veevoerskenkings na boere te vervoer, want daar is groot dankbaarheid elke keer wanneer boere dit ontvang.

EN

Boere in die Bloemfontein en Bultfontein distrikte in die Vrystaat is dankbaar vir elke druppel reën wat sedert November vanjaar al op hul plase geval het. Jack van Eeden, 'n gemengde boer van Verkeerdevlei buite Bloemfontein, sê hy het al verlede maand verskeie reënbuie gehad en het gister 14mm reën op sy plaas gemeet. Anton Botha, 'n saaiboer in die oostelike deel van die Bultfontein-distrik, het gister 6mm reën op sy plaas gemeet. Hy sê boere in dié distrik wag nog in spanning vir goeie reën om te val.  Daarmee saam word nóg reën vir 'n groot deel van die sentrale binneland, wat hoofsaaklik die Vrystaat en Noordwes insluit, vandeesweek voorspel. Kevin Ingram, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê daar is 'n goeie kans op reën tot en met volgende week, Donderdag, wanneer toestande begin opklaar.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.