On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement se meesterplan goed geformuleer rondom water-uitdagings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:07 Tue, 03 Dec 2019

Landbounuus-podcast: Departement se meesterplan goed geformuleer rondom water-uitdagings | News Article

Die Departement van Water en Sanitasie se meesterplan vir water is goed geformuleer rondom die uitdagings van die beskikbaarheid van water, asook klimaatsverandering.


Die verval van infrastruktuur, asook die gehalte van beskikbare water en die bestuur daarvan, is ook goed uiteengesit. Dit is volgens Janse Rabie, Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne van dié organisasie se Sentrum van Uitnemendheid, nadat Minister Lindiwe Sisulu dié plan bekendgestel het. Janse sê dit is positief dat die regering 'n plan het en benewens die positiewe punte daarin is daar kwessies wat die wenkbroue laat lig. Een daarvan is die departement se verifikasie en validasieproses. Rabie sê Agri SA is verbind daartoe om nou saam met die regering te werk ten opsigte van watersekerheid.

Meer as 50 vragmotors, bakkies met sleepwaens asook motors van verskeie dele van die land wat droogtehulpskenkings vervoer, kom Woensdag by Bloemfontein byeen. Dít vorm deel van Droogtehulp SA se projek om veevoer en ander skenkings soos kospakkies en water aan sowat 50 boere in die droogtegeteisterde Cradock-gebied in die Oos-Kaap te verskaf. Dié organisasie se Jan Lotz sê dié betrokke voertuie sal vanaf 'n vulstasie buite Bloemfontein in 'n konvooi verder reis. Volgens hom is dié voertuie onder meer van Rustenburg in Noordwes, Frankfort in die Vrystaat en Bloemfontein. Hy sê mense is welkom om dié geleentheid by die Shell Ultra City by Spitskop op die Bultfontein-pad buite die stad by te woon. Geldelike skenkings kan gemaak word en daarmee saam gaan dit 'n ware belewenis wees om die konvooi te aanskou.

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies soos  Droogtehulp SA, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.

EN

'n Groot deel van die sentrale binneland, wat hoofsaaklik die Vrystaat en Noordwes insluit, kan vandeesweek goeie reën verwag. Kevin Ingram, 'n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê vooruitsigte op reën in die grootste deel van die Noord-Kaap, waar die droogte sy tol eis, is egter nie goed nie. Volgens hom kan slegs die oostelike deel van die Noord-Kaap enkele buie verwag. Hy sê nog reën word volgende week vir die sentrale en oostelike deel van die Vrystaat en die grootse deel van Noordwes voorspel. Dit klaar egter teen volgende Donderdag op.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.