On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'Geen ondersteuning' vir kleiner skaal boere nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:14 Mon, 21 Oct 2019

Landbounuus-podcast: 'Geen ondersteuning' vir kleiner skaal boere nie | News Article
File image

Gemeenskappe in die Vrystaat wat op 'n kleiner skaal op munisipale meentgronde by dorpe boer, kry nie die nodige ondersteuning nie.


Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, sê dié party kry verskeie klagtes van gemeenskappe rakende uitdagings wat hulle in die gesig staar oor onder meer watertekorte en beskikbare heinings. Jankielsohn sê dié bestaansboere kla dat as daar wel heinings opgerig word, word dit gesteel. Daar is nie voldoende bestuur deur munisipaliteite nie. Jankielsohn sê dit is hoofsaaklik 'n probleem langs die Lesotho-grens, maar brei ook na die binneland uit. Volgens hom het die DA in dié verband al verskeie vrae aan die onderskeie LUR'e van plaaslike regering gestel wat verantwoordelik is vir munisipale meentgronde, landbou, en wat veeartseny-dienste moet voorsien. Die polisie is verantwoordelik vir diefstal en die beveiling van gemeenskappe. Hy sê die LUR van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane, het al terugvoer verskaf en aangedui stappe is in plek ten opsigte van dieregesondheid en daar word nou saamgewerk met die polisie, veral langs die Lesotho-grens, om gemeenskappe se veiligheid te verseker.

Met beurtkrag, droogtetoestande, asook verskeie ander uitdagings wat die landboubedryf in Suid-Afrika negatief raak, kan nuwe tegnologie boerderye se behoud wees. Dit is volgens 'n vooraanstaande boer, Kallie Schoeman, van Schoeman-boerdery by Delmas in Mpumalanga, wat meen presisieboerdery en beskikbare tegnologie kan produsente help om nie slegs op 'n hektaar nie, maar op 'n vierkantemeter per plant te boer. Hy sê dit is binne boere se bereik en genetika moet nie uitgesluit word nie. Schoeman, wat ook 'n hoofbestuurslid van Graan SA (GSA) is, sê die gebruik van nuwe tegnologie het uitdagings veral ten opsigte van die koste daarvan, maar dit is te verstane dat die ontwikkeling van tegnologie duursaam is. Hy is egter daarvan oortuig dat dit wel die moeite werd is om veral op die lang duur daarin te belê.

EN

Aanduidings deur die Sentrale Energiefonds (SEF) toon 'n moontlike daling van sewe sent per liter in die prys van diesel volgende maand. Dié daling op 6 November word hoofsaaklik aangedryf deur 'n vermindering in die prys van Brent-ruolie ná 'n skielike styging daarin nadat die Saoedi-Arabiese olievelde enkele weke gelede aangeval is. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê brandstof is 'n toenemende belangrike faktor om dop te hou met die plantseisoen wat in die somergewas-produksiegebiede in Suid-Afrika moet begin. Veral diesel word dan grootliks gebruik. Hy meen, terwyl dié moontlike daling in die prys van diesel marginaal is, kan dit tot 'n daling in die prys van kunsmis bydra. Data deur Graan SA (GSA) toon die prys van kunsmis in Suid-Afrika het in Augustus vanjaar gemiddeld met 9% op 'n jaargrondslag gedaal, terwyl die prys van onkruid- en insekdoders ook laer was teenoor die prys in Augustus verlede jaar.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.