On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aanbod vir wol wêreldwyd onder druk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:23 Mon, 21 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Aanbod vir wol wêreldwyd onder druk | News Article

Die aanbod van die volume wol oor die wêreld heen, is steeds onder druk.


Dit word toegeskryf aan die voortslepende, knellende droogte in groot dele van Suid-Afrika en Australië. Heindrich Victor, bestuurder van veselbedryf by OVK, sê die volume wol wat verlede week deur makelaars in hul pakhuise ontvang is, is bykans 14% laer as die ooreenstememende tyd die vorige seisoen. Volgens hom het dié kwessie ook verlede week op die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Noord-Kaap se jaarvergadering onder die loep gekom.  Victor sê die Suid-Afrikaanse wolmark het egter op die nasionale veiling verlede week, wat oor twee dae plaasgevind het, beter teenoor die Australiese mark vertoon. Volgens hom kan dié sywaartse beweging in die plaaslike wolmark toegeskryf word aan 'n goeie vraag na goeie gehalte lang, kambol tipes wol. Daar was ook goeie kompetisie onder kopershuise vir korter tipes wol weens 'n beperkte aanbod. Hy sê die Cape Wools merino-aanwyser het met 0,4% en 75 punte laer verhandel, en teen 'n skoonprys van R169,07 per kg gesluit. Die Australiese mark het ooreenkomstig met 1,7% gedaal. Die nasionale wolveiling vind vandeesweek Donderdag in Port-Elizabeth plaas. Meer as 10,400 bale sal na verwagting aangebied word.


Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting 'n Suid-Afrikaanse afvaardiging lei na die eerste beraad tussen Rusland en Afrika in Sochi in die Russiese Federasie. Dié beraad eerskomende Woensdag fokus op sleutelgebiede van samewerking tussen Rusland en Suid-Afrika. Dit sluit onder meer in die vorming van sterk ekonomiese bande en gesamenlike projekte, terwyl daar op humanitêre en sosiale vlakke saamgewerk word. Die Interregeringskomitee vir Handel en Ekonomiese Samewerking (ITEC) is ook in plek om Suid-Afrika se ontwikkelingsdoelwitte te bevorder. 'n Vriendskaps- en samewerkingsooreenkoms is ook in 2008 deur die twee lande bekragtig. Meer as 38 bilaterale ooreenkomste is al gesluit wat 'n ooreenkoms van samewerking in landbou en waterbronne insluit.  

EN

Die Nasionale Oesskattingskomitee gaan later vanjaar op versoek addisionele oesskattings vir somergewasse vrystel. Bo en behalwe die agt geskeduleerde produksieskattings gaan nóg twee skattings vrygestel word. Dit sluit ‘n negende skatting sowel as ‘n finale produksieskatting vir die 2018/19 produksieseisoen in. Marda Scheepers, 'n senior statistikus, van die direktoraat statistiek en ekonomiese ontleding by die nasionale landboudepartement, sê die eerste van dié bykomende skattings word eerskomende Donderdag bekendgestel, met die finale skatting op 26 November. Sy sê die versoek is ook van toepassing op die toekomstige produksie seisoenne vanaf die 2019/20 seisoen.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.