On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou-organisasies bekommerd oor beurtkrag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:19 Fri, 18 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Landbou-organisasies bekommerd oor beurtkrag | News Article

Verskeie landbou-organisasies het hul kommer uitgespreek oor die uitwerking wat beurtkrag op die bedryf en veral boere het.


Vrystaat Landbou (VL), se president Francois Wilken, sê die jongste instel van beurtkrag deur die kragvoorsiener, Eskom, hou negatiewe gevolge vir voedselsekerheid in. Volgens hom trek boere en verskaffers voortdurend aan die kortste ent weens verskeie faktore en daarmee saam is die uitwerking van beurtkrag op kosproduksie katastrofies. Wilken doen 'n beroep op die regering om die probleem 'n prioriteit te maak en dit moet spoedig aangespreek word. Intussen sê die Transvaalse Landbou-unie TLU SA, se president, Louis Meintjes, talle boere moet in dié heersende droogtetoestande en bloedige hitte hul besproeiingstelsels skeduleer, maar beurtkrag ry dit in die wiele. Volgens hom moet boere daarna streef om op hulself aangewese te wees en alternatiewe kragbronne soos sonkrag oorweeg.

Daarmee saam word beurtkrag vandag vir die derde dag agtereenvolgens toegepas. Volgens Jabu Mabuza, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, gaan beurtkrag na verwagting nie dié naweek ingestel word nie. Mabuza het gisteraand op 'n mediakonfersie gesê fase 1 beurtkrag sal vandag van 09:00 tot 23:00 toegepas word. Hy het verder gesê die besluit om beurtkrag vandeesweek in te stel is nie ligtelik geneem nie. Dit was volgens hom weens 'n kombinasie van faktore soos ketelbuislekkasies in ses eenhede by van Eskom se kragstasies, terwyl daar probleme met die steenkoolvervoerband by Medupi was. Volgens hom het die toepassing van beurtkrag vandeesweek daartoe bygedra dat geen verder beurtkrag in die onmiddellike toekoms verwag kan word nie.

EN

Intussen het die Vryheidsfront Plus die  rol wat adjunk-president David Mabuza vir onafhanklike kragverskaffers in die land sien verwelkom.  Wynand Boshoff, LP en woordvoerder van energie vir dié party, sê Mabuza het vandeesweek in 'n vraag-en-antwoordsessie in die Parlement na onafhanklike kragverskaffers, wat tekorte aan elektrisiteit in die land kan aanvul, verwys. Daarmee saam stel Gwende Mantsashe, Minister van Minerale Bronne en Energie die regering se Geïntigreerde Hulpbronplan vandag bekend.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.