On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrede-projek se rede vir bestaan bevraagteken

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:59 Thu, 17 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Vrede-projek se rede vir bestaan bevraagteken | News Article
Estina dairy farm entrance

Daar is geen rede vir die omstrede Vrede-suiwelprojek om voort te gaan as die begunstigdes daarvan nie baat daarby nie.


Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer. Dit kom in reaksie op die voormalige LUR van Finansies, Elsabè Rockman, wat voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn het. Jankielsohn kap Rockman se getuienis dat dié projek relatief klein was teenoor ander projekte ter waarde van miljarde rande wat deur die departemente van gesondheid en onderwys in die gesig gestaar is. Hy meen die Vrede-projek mag dalk klein vir Rockman en die provinsiale regering gewees het, maar R250 miljoen is nie 'n klein bedrag vir belastingbetalers nie. Jankielsohn sê daar was teenstrydighede in Rockman se getuienis. Jankielsohn bevraagteken ook die legitimiteit van dié projek. Hy meen dié projek kan slegs voortgaan as die regering 'n private openbare vennootskap, wat die begunstigdes insluit, vorm.

Die Noord-Kaapse landboudepartement het al vanjaar altesaam 1 054 huishoudings, wat nie voedselsekerheid het nie, ondersteun. Saad kompos, gereedskap en gieters is aan hulle verskaf om hul eie groentetuine te kweek. Altesaam 420 huishoudelike groentetuine is al gevestig. Daarmee saam is hokke en voer vir hoenderproduksie voorsien. Die LUR, Nomandla Bloem, het Woensdag met die viering van Wêreldvoedseldag by Jan Kempdorp gesê daar word beoog om 'n verdere 1 700 huishoudings in dié boekjaar te ondersteun. Volgens Bloem het die Noord-Kaap die laagste persentasie huishoudings met voldoende toegang tot kos - al is Suid-Afrika voedselseker. Bloem meen op 66,5% is dit die mees voedselonsekere provinsie in die land. Dit is juis daarom dat die Fesa Tlala kosproduksieprogram poog om produksievlakke van bestaans- en kleinboere te verhoog. Hulle moet deel word van die waardeketting deur grane soos mielies en koring aan te plant.

EN

Betrokkenheid deur alle belanghebbendes by die hersiene Landelike Beveiligingstrategie, wat onlangs deur die Minister van Polisie, Bheki Cele, bekendgestel is, gaan die sukses van dié strategie bepaal. Dit is volgens die voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee, Jakkals le Roux, wat meen dié strategie plaas groter klem op samewerking tussen alle betrokkenes, in 'n poging om misdaad te bekamp. Le Roux sê daarmee saam versoek VL die polisie om by die spesifieke tydlyne vir die implementering en evaluering van dié hernude strategie te hou. Opleidingswerksessies, tussen alle betrokkenes insluitende die Weermag, moet op distriksvlak plaasvind. Die hersiende Landelike Beveiligingstrategie sluit onder meer snel-reaksiespanne in om vinnig op voorvalle van landelike misdaad te reageer.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.