On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hongersnood in die soeklig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:06 Wed, 16 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Hongersnood in die soeklig | News Article

Hongersnood kan verlig word deur meer kos te produseer met minder hulpbronne asook om tegnologies-gedrewe te wees.


Nog 'n kwessie wat tot verligting van hongersnood kan bydra, is om die vermorsing van kos te beperk. Dit is volgens die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, in die lig van Wêreldvoedseldag wat jaarliks op 16 Oktober oor die wêreld heen gevier word. Dit het ten doel om openbare bewustheid te skep rondom die probleem van mense wat oor die wêreld heen honger ly. Laubscher meen al toon die Economist se globale voedselsekuriteitsindeks Suid-Afrika is relatief voedselseker, is daar tog mense in sekere gebiede van die land, soos die Oos-Kaap, wat honger ly. Hy sê in die verband speel Wêreldvoedseldag 'n groot rol. Hy sê die verlies van kos in die waardeketting kan weens die oesproses of die berging van kos wees. Daarmee saam word kos deur verbruikers gekoop, maar dit word nie geëet nie. Wêreldvoedseldag is in 1979 by deur die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel en Landbou-organisasie (FAO) ingestel en is die eerste keer in 1981 gevier.

Miljoene rande is al vanjaar deur georganiseerde landbou en sy affiliate aan bestaande transformasieprojekte bestee. Die adjunk uitvoerende direkteur by Agri SA, Christo van der Rheede, sê dit sluit affiliasies van Agri SA soos Graan SA, die sagtevrugte-, suiker-, wol-, en lewendehawe-bedrywe in. Volgens hom is die beleggings deur die kommersiële bedryf goed op dreef met betrekking tot die ontwikkeling van swart opkomende boere. Hy sê dit is noodsaaklik vir die toekoms van die landboubedryf in Suid-Afrika dat swart boere bemagtig moet word om kommersieel te boer en dit is positief om te weet dat kommersiële boere reeds in die proses is om hulp in die verband aan dié boere te verleen.

EN

Intussen sê die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, daar is oorgenoeg regeringsgrond in dié provinsie beskikbaar om aan swart opkomende boere oor te dra. Ntombela het onlangs op die African Farmers Association of South Africa, AFASA, se Agri-besigheidstransformasiekongres buite Bloemfontein die Vrystaatse regering se toegewyde ondersteuning aan opkomende boere bevestig. Volgens Ntombela is daar genoeg grond vir die doelgerigte boere in dié provinsie.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.