On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister het baie te sê by agri-kongres

───   17:30 Thu, 10 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Minister het baie te sê by agri-kongres | News Article
Thoko Didiza

Die voormalige Bonsmara-veeboer, Ministerie van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het vandag op die Agri SA-kongres 'n mondvol te sê gehad.


Sy het verskeie punte en kwessies bespreek wat die landboubedryf tans raak. Die kernboodskap wat sy vandag gehad het, is dat boere hoop moet hê te midde van wat die land tans in die gesig staar.  Didiza het bygevoeg dat landboukwessies nie net boere raak nie, maar die hele Suid-Afrika. Intussen het sy het ook by die kongres genoem dat sy een uitdaging met Agri SA wil bespreek. Die uitdaging, volgens haar, is die belangrikheid van vroue in die landboubedryf. Sy meen dat vroue 'n groot rol speel en dikwels nie die nodige erkenning kry nie.

Boere wil beleidsekerheid hê rakende die grondkwessie in Suid-Afrika. Dit is volgens Doug Stern, wat op Agri SA se kongres - wat onderweg is in Pretoria - aan OFM-nuus gesê het. Daar is steeds onsekerheid oor grondonteiening sonder vergoeding. Volgens Stern is die droogtesituasie in groot dele van die land ook 'n groot uitdaging vir boere.  Die regering moet nou besef dat hy 'n verantwoordelikheid het om hulp aan boere en die breë landelike gemeenskap, wat geraak word, moet verleen.

EN

Pres. Cyril Ramaphosa se doelwit in sy termyn as die land se leier is  gemik op ekonomiese groei van 5% en georganiseerde landbou staan bankvas agter Ramaphosa in sy strewe daarna. Dit is volgens die president van Agri SA, Dan Kriek wat, op dié organisasie se jaarkongres in Pretoria beklemtoon het dat daar 'n positiewe benadering gevolg moet word wat oplossinggerig is.  Kriek het ook gesê georganiseerde landbou ondersteun die minister van finansies, Tito Mboweni in sy doelwit.  Kriek het ook gesê swart boere moet ondersteun word deur kommersiele boere. Alle betrokkenes moet saamwerk met een doelwit voor oe om ekonomiese groei in die landboubedryf te vestig.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.