On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA kongres fokus op toekoms

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:25 Wed, 09 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Agri SA kongres fokus op toekoms | News Article

Agri SA se jaarkongres fokus op die toekoms van landbou, nuwe tegnologie in dié bedryf, wat bio- en nano-tegnologie insluit, asook presisie-boerdery.


Dié organisasie se Dan Kriek sê daar is met dié kongres wat Donderdag en Vrydag in Pretoria plaasvind, 'n klemverskuiwing na die toekoms van landbou. Dit sluit aan by die tema van die kongres: Die onwikkeling van die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing in die era van die vierde industriële revolusie.

Kriek sê die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, en die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, wat as gassprekers optree, bied 'n ideale geleentheid om verhoudings te bou. Kallie Schoeman van die Schoeman-boerdery praat Donderdag oor die rol van strategie en tegnologie in die ontwikkeling van landbou. Kriek sê verskeie beleidskwessies is Vrydag op die program.

Skakel Donderdag en Vrydag van 12:00 tot 13:00 in vir die OFM-agri-uur wat moontlik gemaak word deur NWK, wanneer OFM regstreeks vanaf dié kongres uitsaai.

EN

Suid-Afrika het meer jong kinders nodig, soos die passievolle agtjarige seun van Odendaalsrus in die Vrystaat, wat vasberade is om eendag te boer. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê klein Peet Pretorius se passie is merkwaardig. Pretorius, wat nou in remissie is nadat kanker by hom gediagnoseer is, se droom om 'n megaboerdery te besoek is onlangs met 'n besoek aan die Mahela- en ZZ2- boerderye in Limpopo bewaarheid. Die organisasie, Reach for a Dream,  het Pretorius se droom verwesenlik. Hy is gaande oor die plaaslewe, sy pa se mielieboerdery en trekker ry. Maree het aanboord gekom toe OFM hom genader het om Reach for a Dream te help om megaboerderye te identifiseer. Hy en die Reach for a Dream-span het aan die werk gespring en Maree was ook deel van Pretorius se besoek.

Sandra Basson, droomkoördineerder van Reach for a Dream, sê Pretorius se liefde vir boer het dit maklik gemaak om sy droom te bewaarheid. Klein Pretorius sê hy het dit geniet om so baie lemoene by die Mahela-boerdery te sien, waar hy ook die geleentheid gehad het om sy eie boom te plant. Hy is ook bederf met 'n helikopterrit en dit was vir hom 'n belewenis om al die tamaties by die ZZ2-boerdery te sien. Peet kan nie genoeg dankie sê vir almal se bydraes nie en het ook 'n waardevolle boodskap vir al sy maats.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.