On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondkwessie bly uitdaging, sê minister

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:21 Tue, 08 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Grondkwessie bly uitdaging, sê minister | News Article
Thoko Didiza

Die ministerie en die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling maak vordering met die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP), maar daar is steeds uitdagings.


Thoko Didiza, die landbouminister, sê daar is steeds sekere uitdagings met betrekking tot die grondkwessie. Dit is veral die skaal waarop grond herverdeel word wat uitdagend is. Sy sê die herverdelingsproses word ook vertraag deur die kantoor van die waardeerder-generaal.

Dit is belangrik vir swart boere om op hoogte te wees van die mate wat die landboubedryf transformeer. Dit is volgens die African Farmer's Association of South Africa, AFASA, se president, Vuyo Mahlati, wat op dié  vereniging se derde agri-besigheidstransformasie-kongres buite Bloemfontein aan OFM-nuus gesê het daar word juis gefokus op beleidvorming en die inwerkingstelling daarvan. Volgens Mahlati is die openbare sektor, asook die private sektor, van belang. Volgens Mahlati is dit juis daarom dat 'n transformasie-barometer op dié kongres bekendgestel is. Dié proses het ten doel om transformasie in lyn met 'n register van boere te bring.

EN

Agri SA se jaarkongres, wat vandeesweek in Pretoria plaasvind, fokus op die aanwending van tegnologie in die landboubedryf sodat daar ekonomies volhoubaar geproduseer kan word. Nicol Jansen, voorsitter vir ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid, sê dít sluit aan by die tema: "Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse-omgewing in die era van die vierde industriële revolusie". Lindiwe Sisulu, Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, is ook 'n gasspreker op die tweede dag van die kongres, wat Donderdag begin. Luister Donderdag en Vrydag van 12:00 tot 13:00 na die OFM-agri-uur, wanneer daar regstreeks vanaf Agri SA se kongres in Pretoria uitgesaai word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.