On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Afasa ondersteun finansieringsfonds vir swart boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:47 Tue, 08 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Afasa ondersteun finansieringsfonds vir swart boere | News Article

Die African Farmer's Association of South Africa, Afasa, ondersteun die sakeman, stigter en uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, Patrice Motsepe, se plan vir 'n multimiljard-finansieringsfonds vir swart boere.


Motsepe het dié aankondiging Sondag op AFASA se agribesigheidstransformasiekongres buite Bloemfontein gedoen. Hy het gesê besprekings op hoëvlak met onder meer kommersiële banke is in die proses. AFASA se voorsitter, Neo Masithela, sê Motsepe het aangedui hy wil deel wees van dié vereniging se plan om Suid-Afrika se sosio-ekonomiese perspektief te verander deurdat swart boere se bydrae tot landbou verbeter word. Daarom sal 'n fonds van dié aard geskik wees en geleenthede vir swart boere ontsluit word en aan hulle toegang tot lenings verskaf.

Intussen sê AFASA se president, Voyo Mahlati, Motsepe se multimiljard-rand se finansieringsfonds om onder meer aan swart boere toegang tot lenings te verskaf, word verwelkom. Sy het op AFASA se kongres buite Bloemfontein aan OFM-nuus gesê dit is egter belangrik om die begrip finansiering op 'n mikrovlak te verstaan. Afasa se kongres het Sondag begin en eindig vandag.

EN

'n Jong boerseun van die Odendaalsrus-gebied in die Vrystaat, wat nou in remissie is nadat kanker by hom gediagnoseer is, se droom om 'n megaboerdery in Suid-Afrika te besoek is bewaarheid. Die agtjarige Peet Pretorius, wat gaande is oor die plaaslewe en sy pa se mielieboerdery, se droom is onlang verwesenlik toe hy danksy die Reach for a Dream-stigting die Mahela-groep en ZZ2-mega-sitrusboerderye in Limpopo besoek het. Klein Peet sê sy droom is inderdaad bewaarheid en dit was 'n belewenis vir hom om meer te leer oor lemoene en tamaties. Skakel Woensdagoggend in op OFM se landbouprogram, Before Dawn, met Gerben van Niekerk van 05:00 tot 06:00 wanneer Peet van sy wonderlike ervaring vertel.  



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.