On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Private grondbesit onder die loep

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:24 Wed, 11 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Private grondbesit onder die loep | News Article

Private grondbesit het onder die loep gekom op 'n vergadering tussen Vrystaat Landbou (VL) en die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat.


VL se president, Francois Wilken, en lede van dié organisasie het verlede Donderdag met die LUR van Landbou, William Bulwane, en sy afvaardiging vergader oor kwessies in die landboubedryf en hoe daar saamgewerk kan word om uitdagings aan te pak. Daar is op dié vergadering besluit om 'n memorandum van verstandhouding op te stel om 'n samewerkingsverhouding tussen dié betrokkenes te struktureer. Wilken het op dié vergadering benadruk dat indien volle titelaktes nie aan nuwe toetreders tot landbou verskaf gaan word nie, gaan dit opkomende boere terughou. Dit moet geskied via gesubsidieerde bankkrediet.    

Die finaliste vir die jaarlikse Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie is pas aangewys. Dit is na 'n uitgebreide proses waar kuilvoermonsters by produsente oor die land heen geneem en ontleed is. Volgens Albert Loubser, redakteur van Veeplaas wat een van Plaas Media se mediaplatforms is, is altesaam 89 kuilvoerbanke op 72 plase besoek. Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het die monsters en data ingesamel terwyl laboratorium-ontledings deur Labworld gedoen is. Hy sê die wenners in die kategorieë mielie-, voersorghum- en hawerkuilvoer sal op 19 September op die African Livestock Trade Fair, oftewel Alfa, aangewys word. Die kompetisie sluit af op dié gewilde vee-ekspo by die Afridome in Parys wanneer die nasionale kuilvoerkoning aangewys word. Loubser sê die uitslae van dié kompetisie word ook op 'n kuilvoerkonferensie by Alfa 2019 bespreek.

EN

Die Clinton-stigting het sy vennootskap met Africa Improved Foods (AIF) uitgebrei om sojabone van boere in Malawi te bekom. Dit is in 'n poging om dié boere se boerderye te bevorder, die plaaslike landbou-ekonomie te versterk en vordering te maak in 'n strewe om minder mense te laat honger ly. Dié stigting is sedert 2006 betrokke in Malawi, Rwanda en Tanzanië om die verbouing van sojabone, wat 'n alternatief vir tradisonele kontant-gewasse soos tabak is, te verhoog. AIF sal die sojabone verwerk tot 'n gekombineerde koring-sojaboonproduk, wat versterk word met mikrovoedingstowwe en ander bestanddele. Dit gaan verkoop word aan verbruikers en humanitêre organisasies, insluitend die Wêreldvoeselprogram.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.