On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veediefstal in Vrystaat neem drasties toe - Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:36 Tue, 10 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Veediefstal in Vrystaat neem drasties toe - Agri SA | News Article

Veediefstal in die Vrystaat het drasties toegeneem en in die Bethlehem-gebied veral was daar 'n 100%-toename teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.


Tommie Esterhuyse, Agri SA se voorsitter van landelike veiligheid van sy Sentrum van Uitnemendheid, sê die erns van dié situasie in die Vrystaat word vandag op 'n dringende vergadering in Bloemfontein bespreek. Esterhuyse, wat ook Vrystaat Landbou (VL) se visepresident is, sê dié organisasie se  landelike beveiligingskomitee, waarvan Jakkals le Roux voorsitter is, en verteenwoordigers van Agri SA, vergader om 'n aksieplan saam te stel in 'n poging om verdere druk op die polisie toe te pas. Hy sê daar moet dringend verseker word dat die polisie in die Vrystaat sy verpligtinge ten opsigte van dienslewering nakom.  Esterhuyse sê boere ondervind onder meer dat veediefstal-tonele eers 14 dae ná 'n voorval besoek word.  

Vrystaat Landbou (VL) en die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in dié provinsie gaan 'n memorandum van verstandhouding opstel in 'n poging om 'n samewerkingsverhouding tussen hulle te struktureer. Lede van VL se uitvoerende bestuur en die LUR van Landbou, William Bulwane, en sy span het die vergadering bygewoon. Verskeie kwessies, waaronder private besit van grond, landelike misdaad, veediefstal en uitdagings langs die Lesotho-grens, het onder die loep gekom. VL se president, Francois Wilken, het beklemtoon die belangrikste aspek van dié samewerkingsverhouding is verantwoordbaarheid. Dít moet reggestel word.      

EN

Daar is vandeesweek geen vooruitsigte op reën in die sentrale binneland nie, maar seisoenale voorspellings dui op bo-gemiddelde reënval later vanjaar. Quinton Jacobs van die Bloemfonteinse weerkantoor sê daar is eers teen volgende week Donderdag en Vrydag 'n geringe kans op reën in die oostelike deel van die Vrystaat. Hy sê daarmee saam kan maksimum dagtemperature stelselmatig toeneem na 30 grade Celsius in 'n groot deel van die sentrale binneland later vandeesweek. Koeler toestande in sekere gebiede kan nog soggens verwag word, maar temperature is in die proses om na somertoestande te herstel.  


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.