On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondwethof uitspraak 'n duidelike boodskap oor grondhervormingsdebat - Kenner

───   17:41 Fri, 23 Aug 2019

Landbounuus-podcast:  Grondwethof uitspraak 'n duidelike boodskap oor grondhervormingsdebat - Kenner | News Article

Die Grondwethof se uitspraak met betrekking tot huurarbeiders en die aanstelling van 'n spesiale meester om grondeise te hanteer stuur nou ook 'n duidelike boodskap uit rondom die grondhervormingsdebat in Suid-Afrika.


'n Kenner op die gebied van verblyfreg en grondhervorming, Hans-Jurie Moolman, meen die hofuitspraak kom daarop neer dat daar terugegaan moet word na die tekenbord om die foute van die afgelope 25 met betrekking tot grondhervorming reg te stel. Sy reaksie kom ná die hofbeslissing rakende huurarbeiders die afgelope week, wat beslis dat 'n spesiale meester dié grondeise, wat voor 31 Maart 2001 ingedien moes word maar nie verwerk is nie, nou moet hanteer. Moolman meen die Grondwethof slaan die spyker op die kop in sy uitspraak dat die department se onbevoegdheid om aan die Grondwetlike vereistes te voldoen, die kern van dié reuse-krisis is.

Daar is meer as 3 300 grondeise wat in die Staatskoerant gepubliseer is en nie afgehandel is nie. Daarmee saam strek dié onvoltooide eise terug na tussen 15 en 20 jaar. Só meen Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat vandeesweek by die landbouminister, Thoko Didiza, in 'n parlementêre vraag wou weet hoeveel gepubliseerde grondeise is daar wat nog nie afgehandel is nie. Steyn het aan OFM-nuus gesê die hele proses word vertraag omdat die departement nie oor die vermoë beskik om grondeise op 'n doeltreffende wyse te ondersoek nie en in die proses word verdere ontwikkeling op dié grond ter sprake verhoed, omdat dit bekend is dat daar grondeise daarop ingestel is.

EN

Risiko's met betrekking tot die grondkwessie in Suid-Afrika en meer spesifiek onteiening sonder vergoeding, die ekonomie asook die omgewingsimpak kom binnekort onder die loep op Agri Noord-Kaap se jaarkongres. President van dié organisasie, Nicol Janse, sê dié kongres eerskomende Woensdag en Donderdag gaan fokus op dié drie risiko's in die landbou bedryf, en hoe om strategies te beplan in terme daarvan. Prof. Danie Brand direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan praat oor die onteieningsproses. Janse sê die ekonomiese uitdagings, gaan oor  energiesekerheid. Hy sê die risiko's wat boerderye het ten opsigte van rampe en die prosesse asook die belang van staatsondersteuning en die verskil van 'n seisoenale droogte en 'n ramp gaan bespreek word.



OFM-nuus/Christali-Lize Muller en Vernon Baumann

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.