On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Geen voorvalle van Afrika-varkpes op kommersiële VS varkplase nie

───   17:35 Wed, 14 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Geen voorvalle van Afrika-varkpes op kommersiële VS varkplase nie | News Article

Geen voorvalle van Afrika-varkpes is sover op kommersiële varkplase in die Vrystaat aangemeld nie.


Daar is wel voorvalle van dié dodelike virus onder varke op kommunale plase in landelike gebiede aangemeld. Dit kom nadat uitbrekings aanvanklik in Noordwes, Mpumalanga en Gauteng aangemeld is. Peter Evans, 'n veearts en hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, Savpo, sê dié uitbrekings in gebiede in al die betrokke provinsies word egter beheer. Hy sê dit is wel belangrik dat veral kommersiële boere biosekuriteit op hul plase toepas en verstaan hoe die virus oorgedra word. Die siekte word oorgedra deur kontak met besmette varke, kontak met besmette afvalmateriaal, verspreiding deur voertuie, toerusting en onder meer tampan-bosluise. Varkveilings in die Koppies- en Heilbron-gebied in die Vrystaat word steeds verbied. Hy sê die varkpes hou geen gevaar vir mense in nie en die verbruik van varkvleis is veilig. Dit is 'n baie enrstige siekte onder varke, sonder 'n bestaande geneesmiddel. Besmette varke moet van kant gemaak word en die gebied moet vir 'n geruime tyd ontsmet word, terwyl geen nuwe varke daar aangehou mag word nie.  

Ooskuskoors, 'n bloedparasiet wat soortgelyk is aan korridor-siekte, het die potensiaal om groot skade aan die Suid-Afrikaanse nasionale beeskudde aan te rig tensy daar spoedig opgetree word. Dit is volgens dr. Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk. Odendaal sê die siekte hou 'n baie groot risiko vir Suid-Afrika in aangesien die bruinoor-bosluis, wat die siekte oordra, in wydverspreide gebiede in die land voorkom, berig Landbou.com. Die siekte word aanvanklik deur die bruinoor-bosluis van buffels na beeste oorgedra. Buffels dien ook as onderhoudsgasheer van bek-en-klouseer, asook korridor-siekte, wat geneties verwant aan ooskuskoors is. Odendaal sê die buffels wat op plase buite die Kruger-wildtuin en in Noord-KwaZulu-Natal aangehou word, is nog skoon van die siektes. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) beskou die jongste bedreiging van Ooskuskoors in 'n baie ernstige lig. Daar word, uit talle oorde, van die diere-gesondheidsforum verwag om 'n doeltreffende grens-strategie te formuleer om die siekte in Suid-Afrika te help voorkom. Die onverwagse verskyning van Ooskuskoors in Suid-Afrika het talle onkant gevang, juis omdat die land die siekte reeds meer as 65 jaar gelede binne sy grense uitgeroei het. Daar is veral bekommernis oor die risiko wat diere vanuit Suid-Afrika se buurlande vir die plaaslike kudde kan inhou.

EN

Die Livestock Owners Primêre Landbou-koöperasie is onlangs op die been gebring. Die voorsitter van die direksie, dr. Jaco de Villiers, sê dit is ‘n mylpaal vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf. Dié koöperasie se stigterslede is van oor die land heen en is hoofsaaklik boere en leierfigure in die landboubedryf. De Villiers sê daar word met die primêre koöperasie gepoog om ‘n vryemarkstelsel (of ‘n kapitalistiese ekonomiese stelsel) met ‘n sosialistiese stelsel te verbind, in wat hy noem " ‘n huwelik". Dit is geskoei op die ontwikkeling van arm mense. De Villiers sê die koöperasie se rol in die waardeketting is om sy lede as verbruikers nader aan produsente te bring.


OFM-nuus/Christalize Muller en Vernon Baumann

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.