On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Baie op die spel met betrekking tot eiendomsreg - kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:56 Mon, 12 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Baie op die spel met betrekking tot eiendomsreg - kenner | News Article

Daar is baie op die spel vir alle Suid-Afrikaners met betrekking tot eiendomsreg en die risiko van grondonteiening sonder vergoeding.


Dit is volgens Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), wat meen dit is nie slegs 'n kwessie van boere of die impak van die ekonomie nie, maar die hele grondwetlike raamwerk moet in ag geneem word. Cronjé het op Vrystaat Landbou (VL) se kongres buite Bloemfontein verlede week gesê, meer Suid-Afrikaners moet besef in dié opsig is almal kommersiële boere. Hy het verder gesê dit is nou die tyd dat boere moet opstaan en daadwerklik optree met betrekking tot die grondkwessie, want geen buitestaanders van elders in die wêreld gaan hulle kom help nie.

'n Kwelpunt in die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou is die volgehoue fokus op die Grondwetwysiging. Danie Brand,  direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat (UV), meen afgesien van die regsaspek, is dit sleg vir 'n land om 'n Grondwet te wysig tensy daar 'n goeie rede daarvoor is. Hy meen 'n Grondwet is veronderstel om die onaantasbare basiese reg van 'n land daar te stel en dít moet ten alle koste vermy word veral as die regering dit doen om 'n punt te bewys in 'n politieke spel. Volgens brand is die mees kommerwekkende  aspek van die paneelverslag  die aanduiding dat daar 'n herfokus is op onteiening met of sonder vergoeding om grond te bekom vir die doeleiendes van grondhervorming.  Brand was verlede week een van die gassprekers op Vrystaat Landbou se kongres buite Bloemfontein.

EN

Goeie pryse is weer op een van Suid-Afrika se voorste skaapstoeterye, Heuningkrans Merino's, in die Suid-Vrystaat se tweede produksieveiling vanjaar behaal. Die eienaar, Eddie Prinsloo, sê kopers van Riversdale in die Oos-Kaap, het verlede week op die stoetery se 38ste produksieveiling, R95 000 vir 'n merino-ram betaal. Dit is die hoogste prys wat op Prinsloo se produksieveilings vanjaar behaal is. Hy sê die gemiddelde prys vir die 115 merinoramme, wat op die veiling aangebied is, was R9 000. Prinsloo is tevrede met die opkoms met ou bekende kopers en nuwelinge wat die veiling bygewoon het. Prinsloo sê daar was 122 geregistreerde kopers van oor die land heen.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.