On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wolveiling gaan nie plaasvind nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:56 Mon, 12 Aug 2019

Landbounuus-podcast:  Wolveiling gaan nie plaasvind nie | News Article

Die Nasionale wolveiling gaan nie dié week plaasvind nie.


Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Wol en Bokhaarkopersvereniging, Sawamba, aan die veiling onttrek het. Heinrich Victor, operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê luidens 'n brief sê Sawamba hy het dié besluit nie ligtelik geneem nie en is bewus van die groot impak wat dit op produsente, makelaars en die bedryf in geheel gaan hê. Victor sê in die brief sê Sawamba, dié vereniging finansier die hele wolbedryf en onder normale handelsomstandighede, moet hul lede vyf werksdae na die aankoop van wol daarvoor betaal. Victor sê volgens Sawamba ontvang hy sy geld eers vier maande nadat daar vir wol betaal is.

Suid-Afrika se Grondwet maak reeds voorsiening vir die staat om grond te onteien sonder om daarvoor te betaal. Daarmee saam brei die onteieningswetsontwerp daarop uit en maak dit onteiening eksplisiet. Dit is volgens Danie Brand, direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat (UV), wat op Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres verlede week gesê het die fokus op die Grondwetwysiging word gebruik in 'n politieke spel. Daarmee saam het Brand na die hofgeding oor die onderwaardering van Melmoth-boere in KwaZulu-Natal se grond as voorbeeld verwys. Die betekenins van billike en regverdige vergoeding word in dié hofstryd getoets.

EN

Daarmee saam het Dan Kriek, president van Agri SA, gesê dié organisasie sal voortgaan om boere van Melmoth in KwaZulu-Natal geldelik te ondersteun in hul hofgeding oor hul grond wat onderwaardeer is. Dit kom nadat die Grondeisehof beslis het dat die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling meer geld as die waardeerder-generaal se aanbeveling as vergoeding vir dié grond mag toestaan. Die hof is ook by magte om oor die vergoeding te beslis. Kriek het op Vrystaat Landbou se kongres gesê Thoko Didiza het aangedui sy gaan teen die beslissing appèl aanteken. Volgens hom was daar hoop dat Didiza dit sal laat vaar. Hy het gesê Agri SA het R750 000 uit sy grond-en-omgewingsfonds goedgekeur om die boere in KwaZulu-Natal te ondersteun. Volgens Kriek moet billike en regverdige vergoeding teen markwaarde geëis word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.