On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wysiging van Grondwet se Artikel 25 gaan wel plaasvind - kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:48 Wed, 07 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Wysiging van Grondwet se Artikel 25 gaan wel plaasvind - kenner | News Article

Dit is 'n feit dat die wysiging van die Grondwet se Artikel 25 wat onteiening van grond sonder vergoeding moontlik maak, wel gaan plaasvind.


Danie Brand van die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Menseregte meen egteer dit gaan 'n langdurige proses wees. Hy het op Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres buite Bloemfontein gesê die feit dat dit lank gaan neem om Artikel 25 van die Grondwet te wysig is 'n rede vir die landboubedryf om kalm te wees. Hy het ook gesê indien 'n wysiging sou plaasvind gaan dit nie 'n verandering in die regsposisie van die bedryf plaas nie.

Boere moet beskikbare geleenthede gebruik. Daarmee saam moet hulle toegewyd wees tot die ontwikkeling van gemeenskappe. Daar moet druk op munisipaliteite geplaas word, want landelike ontwikkeling steun op die landboubedryf. Dit was die boodskap van Vrystaat Landbou se president Francois Wilken op dié organisasie se jaarkongres buite Bloemfontein. OFM-nuus se Christal-Lize Muller berig. Wilken het gesê daar is talle uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. Eiendomsreg en grondhervorming is deel daarvan, asook die wankelende ekonomie wat Suid-Afrika gaan onteien nog voordat populiste dit gaan doen. Wilken het gesê dit is daarom belangrik dat boere op grondvlak betrokke raak by bestaande strukture, want die sukses van enige organisasie lê in sy struktuur.

EN

Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO) het bevestig dat daar geen uitbreking van die hepatitis E-virus onder varke in die land is nie. Johann Kotzé, uitvoerende hoof van die organisasie, sê daar word deur die media berig dat daar twee voorvalle in Kaapstad in 'n verspreidingsnetwerk aangemeld is. Kotzé sê egter dit is onwaar en dié inligting is geskoei op 'n navorsingstuk van 2014 waarin hepatitis E in twee lewersmere opgespoor is. Hy sê 'n mediahuis saai onnodig paniek in die bedryf, en beklemtoon opnuut daar is geen uitbreking van dié virus nie.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.