On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veevoerhulp vir boere in Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:59 Mon, 05 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Veevoerhulp vir boere in Noord-Kaap  | News Article
Photo: Gallo

Vrystaat Landbou (VL) spits hom nou toe om boere in droogtegeteisterde dele van die Noord-Kaap te ondersteun en doen 'n beroep op gemeenskappe om veevoerhulp aan dié boere te verleen.


VL se visepresident, Tommie Esterhuyse, sê hy het onlangs gebiede in Namakwaland besoek en met verteenwoordigers van distrikslandbouverenigings vergader. Dit sluit gebiede in soos Kuruman, Kakamas, Pofadder, Springbok en Calvinia.  Esterhuyse sê hy was geskok oor die landboutoestande en veeboere is nou op hul knieë in dié gebiede.   Hy sê daar is boere wat 'n honderd skape per week met 'n ronde baal veevoer van 1,2 meter voer.

Intussen is die proses steeds aan die gang waarin Agri Noord-Kaap die plaaslike regering aanmoedig om dié provinsie in geheel as 'n rampgebied te verklaar. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, is al genader om te vergader oor die uitmergelende droogte, wat volgens ingeligtes die ergste in 50 jaar is en oor 70% van dié provinsie strek. Hy sê Agri Noord-Kaap ondersteun 'n studie deur die departement van landbou oor die omvang van die droogte en ramphulp wat benodig word om die plaaslike landboubedryf te stabiliseer. Daar is aansoek gedoen vir R111 miljoen se ramphulp oor drie maande.      

Daarmee saam is boere in die Steinkopf-gebied in Namakwaland dankbaar vir sowat 60mm reën wat geval het, maar hulle is steeds bekommerd oor die langdurige effek van die droogte. 'n Plaaslike boer, Robert Drage, sê nóg reën is broodnodig, omdat die omvang van die voortslepende droogte, wat al vir etlike jare voortduur, té groot is. Drage, sê hy boer al sy hele lewe lank met kleinvee - skape en bokke - en die afgelope vier jaar het die droogte sy tol op plaaslike boere geëis. Hulle kan eenvoudig nie voortgaan om te boer nie.  

EN

Intussen sien die langtermyn vooruitsigte vir reënval in die sentrale binneland nie gunstig daarna uit nie. 'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Michael Nethavhani, sê die voortuisigte toon ondernormale reënvalsyfers in die komende maande in somerreënvalgebiede.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.