Agriculture
Landbounuus-podcast: Begunstigdes stel nie meer in Estina-suiwelprojek belang nie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 18:15 Thu, 25 Jul 2019
Die meeste begunstigdes van die omstrede Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat stel nie meer in dié regerinsprojek belang nie.
Ephraim Dhlamini, 'n begunstigde en 'n opkomende boer van die gebied het vandeesweek voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig oor die Vrede-suiwelprojek waarby begunstigdes nog geensins gebaat het nie. Dhlamini het deurmiddel van 'n tolk gesê hy glo daar is geen nut meer vir die regering om met dié projek voort te gaan nie. Hy sê in die stadium is die projek onproduktief en niks goed gaan daaruit kom nie. Hy sê daar is betrokkenes, insluitende, hyself wat steeds doodsdreigemente ontvang.
Die DA-leier, Mmusi Maimane, gaan volgehoue druk op die ANC regering in die Noord-Kaap plaas om dié provinsie in geheel dringend as ‘n rampsgebied te verklaar. Maiamane het tydens ‘n besoek aan Kimberley Woensdag die provinsiale regering die stryd aangesê om vinnig op te tree sodat inwoners en spesifiek boere van dié droogte-geteisterde provinsie ramphulp kan ontvang. Maimane het in 'n onderhoud met OFM-nuus die provinsiale regering beskuldig van korrupsie en dat hulle die droogtekrisis vererger het. Maimane het ook gesê wanneer die Noord-Kaap in geheel as 'n rampgebied verklaar word en geld vir droogtehulp beskikbaar is, moet munisipaliteite ook aan boord wees.
EN
Die Famacha-skaapdag in Rosendal in die Vrystaat fokus vanjaar weer op die Famacha-program wat onder meer deur die bekende veearts, Faffa Malan, saamgestel is. Neville Raath, vise-voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat sê dié Famacha-program, wat produsente in staat stel om parasietbeheer toe te pas, is van die hoogtepunte op dié dag. Malan sê die Famacha-bestuursprogram se vyfpuntplan vir parasiete is uitgebrei en gaan bespreek word. Weidings vir parasietbeheer, dekgewasse, krip-to-spori-dium en e-koli, venootskappe tussen staatsveeartse en produsente asook die seleksie van teeldiere kom onder die loep. Die Famacha-skaapdag vind eerskomende Saterdag in die Rosendal-stadsaal plaas.
OFM-nuus