On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboubedryf verloor té veel primêre produsente

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:07 Thu, 18 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Landboubedryf verloor té veel primêre produsente | News Article

Die landboubedryf verloor weens verskeie faktore, soos voortslepende droogtetoestande en die skaal-ekonomie, té veel primêre produsente.


Beleidsonsekerheid en veiligheid in landelike gebiede speel ook 'n rol. Hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê juis daarom het dié landbou-organisasie vandeesweek 'n ekonomiese volhoubaarheidsberaad in Pretoria gehou. Verskeie betrokkenes in die bedryf was byeen om met oplossings te kom sodat primêre produsente volhoubaar en winsgewend kan boer.  Hy sê as primêre produsente kleinboere word wat nie vir markte produseer nie, terwyl 67% van die bevolking reeds verstedelik het, dan is Suid-Afrika vasgevang in 'n groot dilemma. Daarmee saam gaan ander betrokkenes in die waardeketting negatief geraak word. Van Zyl meen 'n model waarin daar saamgeboer word, is 'n moontlikheid.

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, maak baie beloftes oor landbouverwerking en projekte in Suid-Afrika, terwyl daar nog baie vrae bestaan oor wanbesteding van regeringsgeld wat vir dié projekte ge-oormerk is. Tammy Breedt, Vryheidsfront Plus-LP en woordvoerder van vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê daar is regeringsprojekte veral in die Vrystaat wat misluk het weens wanbesteding en korrupsie.  Breedt sê projekte met betrekking tot grondhervorming het boonopp 'n teelaarde vir korrupsie geword met die meerderheid  van die begunstigdes wat nog nooit voorheen geboer het nie.

EN

Landelike veiligheid,  insluitende voorvalle van geweld op plase en kleinhoewes,  is 'n prioriteit vir die polisie in die Vrystaat. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê juis daarom gaan 48 voertuie Donderdag by die Glen-landboukollege buite Bloemfontein deur die  provinsiale polisiekommissaris, Moeketsi Sempe, aan koördineerders van landelike veiligheid oorhandig word. Sy sê dit gaan polisiëring in landelike gebiede verbeter.  Mbambo sê dié oorhandiging is in lyn met die landelike beveiligingsplan wat daarop gemik is om onder meer dienslewering te verbeter en 'n meer geïntegreerde benadering te volg.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.