On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister wil eiendomsdemografie verander

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:38 Wed, 17 Jul 2019

Landbounuus-podcast:  Minister wil eiendomsdemografie verander | News Article
Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, wil met grondeienaars vergader in 'n poging om die onvoldoende eiendomsdemografie van die verlede te verander.


Didiza het Dinsdag in haar begrotingsrede in die Parlement die grondkwessie en die produktiewe gebruik van grond aangespreek.

Intussen sê Agri SA die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se fokus op vennootskappe, landbou-finansiering, die kommersialisering van swart boere en produktiewe grondgebruik is goed. Die organisasie se president, Dan Kriek, het Didiza se begrotingsrede in die Parlement bygewoon. Hy meen die feit dat Didiza die belang van etiese gedrag, die versterking van instellings en die probleme met kommunale eiendomsverenigings erken het, is ook positief vir die bedryf. Daarmee saam is haar fokus op die belang van bio-sekuriteit ook waardevol en 'n bemoedigende ringtingwyser vir die bedryf.

EN

Grondonteiening sonder vergoeding sal voedselsekerheid wel negatief beïnvloed. Tammy Breedt, Vryheidsfront Plus-LP en woordvoerder van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, meen die werklikheid is dat elke Suid-Afrikaner se reg tot grondbesit daardeur bedreig word. Breedt sê in haar reaksie op die landbouminister Thoko Didiza se begrotingsrede, dat wit Suid-Afrikaanse boere boonop daardeur tot gronddiewe gereduseer word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.