On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou verslag moet spoedig in werking gestel word - Afasa

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:51 Tue, 25 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Landbou verslag moet spoedig in werking gestel word - Afasa | News Article

Die presidensiële raadgewende paneel oor grondhervorming en landbou se verslag moet spoedig in werking gestel word of betrokkenes in landbou moet die geleentheid kry om insae te lewer oor die inwerkingstelling daarvan.


Dit is volgens die African Farmers Association of South Africa, Afasa, se voorsitter, Neo Masithela, in reaksie op die verslag wat onlangs aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is, maar nog nie amptelik bekendgemaak is nie. Hy sê die bevindinge in die verslag moet dan met die breër landbouplan geïntegreer word. Afasa ondersteun die onteiening van grond sonder vergoeding, maar beklemtoon dat dit ingevolge wetgewing moet geskied. Hy sê dit is belangrik om in ag te neem dat die transformasie in landbou en grondhervorming sensitiewe kwessies is.   Die raadgewende presidensiële komitee is in September verlede jaar aangewys om die interministeriële komitee oor grondhervorming, wat deur adj.pres. David Mabuza, gelei word te ondersteun. Afasa se president, Vuyo Mahlati, is die voorsitter van dié raadgewende komitee.  

Die Transvaalse Landbou-unie, oftewel TLU SA, is nie opgewonde oor die presidensiële raadgewende paneel oor grondhervorming en landbou se verslag, wat reeds aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is nie. Dié verslag is egter nog nie amptelik  bekendgemaak nie, maar Ramaphosa het in sy staatsrede vlugtig daarna verwys.  TLU SA se president, Louis Meintjes, sê die landbou-organisasie is bewus daarvan dat 'n minderheidsverslag deur lede op dié paneel ingedien is. Landbouweekblad berig die president van Agri SA, Dan Kriek, en 'n leierboer, Nick Serfontein, wat lede van dié paneel is, het 'n minderheidsverslag by Ramaphosa ingedien. Meintjes sê TLU SA sal voortgaan om onteiening van grond op alle vlakke,teen te staan. Dit gaan geskied deurdat meer internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering toegepas sal word.


EN

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met 'n aanval op 'n man by 'n plaashek buite Lichtenburg in Noordwes nie. Polisiewoordvoerder, Aafje Botma, sê die slagoffer, Francois Labuschagne, het Saterdagaand by die hek aangekom nadat hy sy winkel in Gerdau vroeër gesluit het. Volgens haar is hy deur drie mans oorval. Sy sê Labuschagne se winkel se sleutels is gevat. Die polisie ondersoek 'n klag van motorkaping en aanranding. Intussen sê Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, volgens sy inligting het Labuschagne kopwonde opgedoen en is na 'n hospitaal vervoer. Müller sê al voldoen dié voorval nie aan die polisie se beskrywing van 'n plaasaanval nie, is aanvalle op plase aan die toeneem, veral in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.