On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kouer toestande vir groot dele van die sentrale binneland voorspel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:45 Mon, 24 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Kouer toestande vir groot dele van die sentrale binneland voorspel | News Article

Kouer toestande kan in die komende twee weke in 'n groot deel van die sentrale binneland voorkom.

Nagtemperature onder vriespunt word voorspel, met geen reën wat verwag word nie. Dit is volgens Johan van den Bergh, ‘n klimatoloog by Santam Landbou, wat meen 'n geleidelike daling in temperature het die afgelope tyd voorgekom en op die langer duur is daar steeds onsekerheid oor die vooruitsigte van reën. Hy sê dit wil egter voorkom of ‘n siklus van uitdroging wat sedert 2012 in gebiede in Suid-Afrika voorgekom het, nou ‘n draaipunt bereik het.   Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel mooi weer en koel toestande in Noordwes vandag, terwyl koue toestande veral in die suidelike binneland van die Noord-Kaap gaan voorkom. In die Vrystaat word koue toestande in die suidelike deel en langs die Lesotho-grens voorspel met mooiweer en koel toestande in die res van dié provinsie.  

EN

'n Vermeende veedief, wat met 17 beweerde gesteelde skape in die Bethlehem-gebied in die Vrystaat betrap is, sal na verwagting vandeesweek aansoek om borgtog doen. Joseph Moloi is verlede Dinsdag aangekeer toe hy skape by 'n huis in Bohlokong afgelaai het. 'n Lid van die gemeenskap het onraad vermoed en die polisie ontbied. Die eienaar van die huis, waar Moloi die skape afgelaai het, het homself van die voorval gedistansieer en voer aan hy was nie bewus daarvan dat die skape by sy kraal afgelaai word nie. Polisiewoordvoerder, Puleng Lebakeng, sê Moloi kon nie genoegsame bewyse lewer dat dié skape aan hom behoort nie. Dié skape is aan hul regmatige eienaar terugbesorg.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.