On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Staatsrede met gemengde reaksie uit landbougeledere ontvang

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:19 Fri, 21 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Staatsrede  met gemengde reaksie uit landbougeledere ontvang | News Article
TLU SA President, Louis Meintjes

Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdag is met gemengde reaksie uit landbougeledere ontvang.


Die Transvaalse Landbou-unie, oftewel, TLU SA, se president, Louis Meintjes, sê Ramaphosa se oproep aan Suid-Afrikaners om plaaslike produkte te koop, kon nie op 'n beter tydstip gekom het nie. Meintjes sê dit is veral Suid-Afrikaanse landbouprodukte wat ondersteun moet word en verbruikers moet probeer om stortingsprodukte van ander lande te vermy. Hy meen plaaslike ondersteuning sal outomaties werkskepping bevorder, terwyl kommersiële boere daardeur 'n kans op oorlewing het ondanks klimaatsverandering. Volgens Meintjes was Ramaphosa egter nie realisties in sy visie met twee miljoen werksgeleenthede wat vir jongmense in die volgende dekade geskep gaan word nie. As Ramaphosa dit wil bereik moet hy afsien van rasgebaseerde ekonomiese bemagtiging en onvriendelike arbeidswetgewing moet aangepas word.  

Intussen beskou die Landboubesigheidskamer, Agbiz,  pres. Cyril Ramaphosa se pragmatisme rakende kwessies wat die landboubedryf in die gesig staar, as bemoedigend. Dit sluit in die vermindering en aanpassing van klimaatsverandering, waterinfrastruktuur en die tempo van tegnologie-aanneming regoor die wêreld. 'n Woordvoerder van Agbiz, meen dié faktore kan die groei en mededingendheid van die Suid-Afrikaanse landboubedryf in globale markte beïnvloed. Die gebrek aan duidelikheid rakende die grondhervormingsbeleid is egter steeds 'n bron van kommer vir Suid-Afrikaanse landboubesighede. Agbiz neem kennis van die vordering wat gemaak is met betrekking tot die verslag van die presidensiële adviespaneel oor landbou en grondhervorming, en sien na die inhoud daarvan uit, asook om daarop te fokus as dit amptelik bekendgemaak word.

EN

Opposisiepartye is skepties oor pres. Cyril Ramaphosa se toekomsvisie en die feit dat hy Donderdag nie veel gefokus het op landbou se rol tot Suid-Afrika se ekonomiese groei nie. Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Parlement en woordvoerder van dié politieke party, sê Ramaphosa se droom om 'n nuwe stad te bou kom ondanks die feit dat landelike ontwikkeling agterweë gelaat word. Die DA se skaduminister vir landbou, Annette Steyn, sê Ramaphosa het die landboubedryf in sy onlangse staatsrede afgeskeep teenoor die fokus wat hy in sy openingsrede vroeër vanjaar op landbou geplaas het. Sy sê daar is ook nie baie gefokus op grondhervorming nie, maar dit is duidelik dat 'n wysiging in die Grondwet gaan voorkom.  



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.