On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Befondsing vir nuwe boere doel by #SONA2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:16 Fri, 21 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Befondsing vir nuwe boere doel by #SONA2019 | News Article

President Cyril Ramaphosa het kortliks in sy staatrede Donderdagaand verwys na befondsing vir opkomende boere wat 'n hoofdoel is, en die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming se verslag gaanaan die kabinet vir oorweging voorgelê word.


Ramaphosa het gesê aanbevelings in dié verslag is die voltooiing van 'n omvattende en transformerende grondhervormingsplan, en die regering sal in die onmiddelike termyn sy pogings versnel om openbare grond- wat geskik is vir stedelike nedersettings en boerdery - identifiseer en vrystel. Ramaphosa het weer verwys na R3,9 miljard in die mediumtermynbegroting wat aan Landbank toegeken is om swart kommersiële boere te ondersteun.    

Intussen het opposisiepartye na pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede as slegs 'n droom verwys. Die DA se skaduminister vir landbou, Annette Steyn, sê Ramaphosa het in die algemeen nie leiding geneem nie, en dat dit steeds drome is, sonder werklike bruikbare planne rondom die land en sy ekonomiese groei. Steyn sê Ramaphosa het nie genoegsaam gefokus op die landboubedryf nie, ook nie op die regering se plan ten opsigte van grondhervorming nie.

Daarmee saam meen die Vryheidsfront Plus president Cyril Ramaphosa se staatsrede was in die algemeen swak gewees, en dat hy ook nie duidelik was rondom planne vir verandering nie. Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Parlement en woordvoerder van dié politieke party, sê Ramaphosa het nie uitgebrei oor hoe die doelwitte, wat hy uitgelê het, bereik gaan word nie. Wessels sê landelike beveiliging is glad nie aangespreek nie, terwyl daar steeds onsekerheid oor grondbesit in Suid-Afrika is.

EN

Die EFF se leier, Julius Malema, het pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede ook gekritiseer en gesê daar moet doelwitte gestel word en Ramaphosa het in daardie opsig te kort geskiet. 



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.